Covid-19-statistieke: Een nuwe sterfte aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou 3 658 547 laboratorium-bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 1 456 nuwe gevalle bevestig is.

Slegs een sterfte is in die vorige 24 tot 48 uur aangemeld, met nog 49 sterftes wat bygewerk is. Dit bring die algehele syfer op 98 667 sterftes te staan, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Die getal nuwe positiewe gevalle is 7,2%, ʼn daling van die 7,5% van ʼn dag tevore. Die sewe dag gemiddeld staan nou op 8%, ook ʼn effense daling van die 8,1% van ʼn dag tevore.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (39%) en die Wes-Kaap (20%), gevolg deur KwaZulu-Natal (12%), Noordwes (9%), Mpumalanga (7%), die Vrystaat (5%), die Oos-Kaap en Limpopo (3% elk) en die Noord-Kaap (2%).

Nog 17 mense met Covid-19 is in hospitale opgeneem en tans word 3 256 mense wat positief vir die virus getoets het, in hospitale landwyd behandel.

Meer as 22,8 miljoen laboratoriumtoetse is sedert die uitbreking van die pandemie gedoen en net meer as 20 000 hiervan sedert die vorige verslag.

Altesame 6 111 dosisse van die entstof is Sondag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jacob ·

Hoekom mense nog die eksperimentele mRNA inspuitings neem, gaan my verstand te bowe.

Soos Bill Gates onlangs op die Munich Security Conference 2022 verklaar het; “Sadly the virus itself, particularly the variant called Omicron is a type of vaccine, that is it creates both B cell and T cell immunity and it’s done a better job of getting out to the world population than we have with vaccines. If you do serosurvey in African countries, you get well over 80% of people either exposed to the vaccine or various variants. You know what it does is the chance of severe disease, is dramatically reduced because of that infection exposure.”

Waarom Gates dit as “sadly” beskryf is kommerwekkend veral as dit in ag geneem word dat hy ‘n paar jaar gelede verklaar het dat “hulle” die wereldbevolking sal afbring met entstowwe.

Dit is ook bevind dat mRNA entstowwe die kanse vir miokardites met 133 keer laat toeneem en meer ge-entes doen nou Omicron op as onge-entes.

Laat jou dink.

piet ·

“en meer ge-entes doen nou Omicron op as onge-entes”. Natuurlik want die hele wereld is omtrent al ingeent, logies. Maar as dit geneem word as persentasie ingeent en as persentasie van oningeent dan praat jy bollie soos gewoonlik.

VaalDonkie ·

Piet, ons het mos gesien Omicron ontwyk die inenting. Hulle (NIOS) het dit in Desember al vir ons vertel. En Netcare se statitieke het mos gewys die ratio van pasiente strook met die ratio van die samelewing wat ge-ent is, aldan nie. Is maar net hoe koronavirusse werk. En in elk geval weet ons mos ook dat die entstof nie die virus keer nie, dit onderdruk net jou immuun respons sodat jy nie in septiese skok ingaan en sterf nie (dis die amptelike storie in ek geval).

piet ·

“dit onderdruk net jou immuun respons sodat jy nie in septiese skok ingaan en sterf nie (dis die amptelike storie in ek geval).” WAT?

VaalDonkie ·

Piet, ek verwag nooit dat iemand my woord vir enigiets vat nie. Daarom seg ek baie keer “gaan lees maar self”. Hulle het in 2020 vir ons vertel die inspuiting is nie om jou immuun te maak nie, dis om te keer dat jy nie ‘n “cytokine storm” ondervind nie. Ons het intussen geleer dit gebeur want jy gaan in septiese skok oor die afvalstowwe wat die virus agterlaat. Weereens: moenie my woord vat nie. Gaan lees self oor hoe COVID werk. Veral die tweede fase, oftewel die “hyperinflammatory phase”. Die amptelike simptome is “Acute Respiratory Distress”, Sepsis, en “Organ Failure”. Die ARDS is ‘n simptoom van sepsis.

piet ·

Ek het dalk al meer oor Covid gelees as jy Vaaldonkie, eintlik, ek is seker ek het.

Martie ·

Ek stem 100% saam. Daar was onlangs ‘n artikel oor ‘n Afrika-land, waar mense nie ingeënt is nie, aangesien daar te min entstowwe was en die is gebruik vir mense wat uit die land moes gaan. Tog het studies gewys dat die meerderheid van die bevolking (natuurlike) immuniteit opgedoen het. So dit is moontlik.

Robert ·

Dit was op die nuus onlangs aangekondig dat die bevolking van SA reeds 80% immuniteit het.

piet ·

Dit sal help as jy statistieke kan voorle wat aantoon dat diegene wat ingeent is meer geneig is om die virus te kry as die wat nie ingeent is nie.

VaalDonkie ·

Ek dink (indien dit waar is) dis eerder ‘n geval van diegene wat inge-ent is maar nog nie COVID gehad het nie wat meer vatbaar vir Omicron is as diegene wat wel COVID gehad het (en dalk nie ge-ent was nie) en dus meer breedvoerige immuniteit het. Jy is immers nie immuun tot jy nie COVID gehad het nie. Die entstof help net dat jou liggaam nie oorreageer nie. Maar in elk geval. Kom ons wees kwaad vir die “Covid Command Council” se magsvergrype eerder as wat ons onder mekaar baklei en niks bereik nie.

piet ·

Jy verkry nie meer “breedvoerige” immuniteit deur natuurlike immuniiteit nie (as wanneer jy ingeent is nie), dis nog glad nie bewys nie. In teendeel, net onlangs was daar ‘n artikel deur die Mayo-kliniek in Amerika waar hulle verwys na statistieke wat presies die teenoorgestelde toon. Inenting kan meer beskerming bied teen ‘n verskeidenheid variante van die virus as blootstelling aan slegs een spesifieke variant. So as jy oningeent is en nog nie blootstelling aan al die variante gehad het nie, is inenting ‘n beter voorsorgmaatreel. Dis hoekom die wetenskaplikes voorstel dat jy steeds die inenting kry selfs nadat jy Covid opgedoen het.

Robert ·

Vandag se mechanic is beter opgelei as dokters om vir hulself te dink en probleme op te los.

piet ·

Robert ek moet dit bevraagteken, gemeet aan die mechanics se redenasievermoens hier.

piet ·

MM – Ja nee wragtig. Dit lyk vir my asof hulle net hierdie twak kommentaar lewer om reaksie te ontlok. Nog nie eenkeer kon hulle hierdie absurde teoriee met statistieke bewys nie. Mors van tyd om logies met die klomp te probeer redeneer of om te verduidelik. En selfs as jy amptelike statistieke swart op wit vir hulle gee, skiet hulle dit af. Praat van 30 persenters. LOL

VaalDonkie ·

Miskien as dokters self wil dokter speel sou dit nie nodig wees vir Mechanics om dit te doen nie. My dokter wil nog he mense moet huistoe gaan en wag totdat dit te laat is en dan hospitaal toe gaan. Ek moes dae lank self soek na oplossings en het toe afgekom op ‘n groot klomp inligting oor die siekte, sowel as ‘n protokol wat keer dat jy siek genoeg raak om hospitaal toe te moet gaan. En dit gaan alles oor om die virus so vinnig as moontlik dood te kry, en dan voor te berei vir indien jy sou ARDS ontwikkel. Die leidraad was dat mense met outo-immuun siekte en asma-lyers beter gevaar het as “gesonde” mense. Want daai mense onderdruk hul immuunstelsels op een of ander manier om aan die lewe te bly.

MakersMark ·

Die medici en wetenskaplikes het in ‘n rekord tyd vir die wêreld ‘n oplossing gegee met inentings. Nadat 5 bn mense wêreldwyd ingeënt is het die afsterwe tempo agv CV19 drasties afgeneem. Niemand kan daarteen stry nie. So wat het al die AVr’s se gekerm oor sameswerings teorieë, stories oor beserings en selfs afsterwe agv die inentings, miokarditis, die betogings en “veg vir vryheid” en wie weet wat nog positief bygedra om die pandemie te stop ?

MakersMark ·

Hul kan dit nie voorlê nie piet want dit wat hul sê is vals. Leuens en hoorsê. Geen statistiek geen wetenskap net middeleeuse teorieë.

Marius ·

Teken tog net prentjies vir die mense met hul (-). Dit lyk of hul sukkel om te begryp wat gesê word. Dalk het die inentings ook ‘n paar breinselle dood gemaak.

Jaco ·

Een nuwe sterfte en daars allerhande inperkings en reëls oor maskers en handreinigers, toerisme bestaan omtrent nie meer nie en geen toeskouers word by sportbyeenkomste toegelaat nie. Hoe lank gaan dié nonsens nog aanhou?

Cobus ·

Want die pro zappers pro covid brigade hou dit aan die gang.

VaalDonkie ·

Dit gaan aanhou totdat diegene in beheer in die bek geruk word.

Rayman ·

49 Sterftes is aangemeld en sleg 1 strefte die vorige 24-48 uur, nou wanneer is die ander 48 dan dood, hierdie syfers maak niks sin nie, gaan kyk maar elke dag se bog statstieke wat uitkom daar is soveel dood en net paar in die 24-48 uur, jaag die regering syfers na om iemand te probeer flous

piet ·

Hierdie is ook al holrug gery. Die statistieke wat vir die afgelope dag gepubliseer word, is nie noodwendig die werklike gevalle die afgelope dag nie (wel, dit is nie). Dit hang af wanneer die data vasgele word. Daarom sal jy sien dat Donderdae se syfer altyd die hoogste is want dit lyk asof die die week se syfers behoorlik teen die einde van die werksweek opgedateer word. Ek kan jou basies ‘n brief gee dat al die gevalle vir ‘n Sondag nog nie teen Maandag-oggend vasgele is nie.

Robert ·

6,859 moorde tussen Okt-Des 2021 maar covid is die groot gevaar.

Abigail ·

Kan iemand my inlig asb: 1 is dood, maar 49 word bygewerk. Die vorige dag weer is gesê: NÓG! 319 sterftes aangedui sedert die ‘vorige verslag’, maar maar enkele sterftes is in 24 uur, en die vorige verslag was dan ń dag vantevore. ¿¿¿ Is daar asb ń kundige by MM wat dit aan ons kan verduidelik?
Sal baie waardeer.

Mercia ·

Daar is net twee sogenaamde “kenners” op hierdie platform en hulle is pro-spuit en glo elke syfer wat deurgegee word. Hulle sal vir jou verduidelik dis so logies dat as jy dit nie verstaan soos hulle nie , is jy van “sub-standaard” intelligensie en het gesprekke met “poskantoor tannies” LOL. So sterkte die res van ons skryf dit af teen “entertainment”

MakersMark ·

Nou bewys die statistiek waarop hul hul aannames baseer verkeerd met die korrekte statistieke en feite.

VaalDonkie ·

Dit lyk of nie alle sterftes aangemeld word nie vir welke rede. Volgens die “excess deaths” data wat ek gesien het, sterf daar so twee of drie keer meer mense elke “golf” as wat die COVID-sterftes was. En dit strook 100% met die tydperk van die golf, so dis nie bloot toeval nie. Die logiese afleiding is dat covid so drie maal meer mense doodmaak as wat hulle rapporteer. Maar ek het geen insig in die oudits nie. Ek “raai” eintlik maar net gegewe die bietjie inligting wat ek het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.