Covid-19-statistieke: Eerste babasterfte aangemeld

Argieffoto

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdag die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika aangekondig.

Altesaam 18 003 gevalle is tot dusver aangemeld en 505 861 toetse is reeds gedoen. Dit sluit 18 252 toetse in wat die afgelope 24 uur gedoen is.

Minstens 8 950 persone het reeds herstel.

“Nog 27 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die dodetal op 339 te staan bring. Ons het ongelukkig die eerste neonatale sterfte toe ʼn twee dag oue baba, wat vroeggebore is, gesterf het,” het Mkhize gesê. Die baba het longprobleme gehad en het reeds ventilasieondersteuning benodig direk ná geboorte.

“Die baba se ma het positief getoets vir Covid-19 en die kind het gevolglik ook positief getoets. Dit is belangrik om die impak van die onderliggende toestand, dat die baba vroeggebore is, in ag te neem.”

Hy het sy innige meegevoel betuig met die ma van die babatjie.

ʼn Gesondheidswerker in die Wes-Kaap het ook gesterf.

Provinsiale statistiek:

 

Sterfgevalle volgens ouderdom:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rose ·

Hoe is dit moontlik? Neem die virus nie n paar dae voordat dit n pasient siek en dan doodmaak nie. Of is dit van die ma na die baba oorgedra terwyl hy/sy nog in haar baarmoeder was? Elke sterfgeval word nou n covid19 statistiek, net sodat die tellings hoog bly. Sodoende kry die regering nog fondse om te plunder. Ek wonder hoeveel non-related sterfgevalle verkeerdelik aan covid19 gekoppel is. Sterkte aan die baba se ma.

Walda ·

Daar is absoluut GEEN manier dat die babatjie dood is agv Covid19 nie. Dis gewoon komplikasies agv vroeë geboorte. Dis net nóg ‘n manier om die histerie aan te blaas…. Dit maak my siek.

Francois ·

Dit is belaglik. Ek weet van n persoon wat aan n hart aanval oorlede is en niks met covic te doen het en steeds staan daar op die doods sertifikaat oorsaak is Covic 19. Ek begin al hoe meer saamstem dat die land nie n idee het wat aangaan nie

Emily ·

Ek kan net se, Wat n klomp idiote. Daar word so vir ons gelieg. Wat beplan die useless regering, dat ons so in die donker moet sit oor wat regtig aangaan.

My2Sent ·

Ter inligting…ek het ‘n uitsending gekyk waar die WGO verduidelik het hoe die Covid sterftes bepaal word. Enige persoon wat ten tyde van sy afsterwe positief was met Covid, se dood word getel onder die Covid sterftes. Dis dus nie te sê jy is oorlede AS GEVOLG VAN Covid nie, maar slegs MET Covid…dan word die dood by die Covid sterftes getel. So-by-so is die sterftesyfer nog nie eers 2% nie, so wat is die werklike sterftesyfer vir mense wat AS GEVOLG VAN Covid oorlede is, wonder ek. Maar ons hele ekonomie word op sy knieë gedryf…maak mos nie sin, man. Verstaan my asseblief, my innige meëgevoel gaan uit na diegene wat ‘n geliefde verloor het, maar ons moet die breër prentjie in ag begin neem.

antieke antie ·

baie vroeggebore babas het onderontwikkelde longe…. nee wragtig nou is alle sterftes ‘corona related’….

Helene ·

Ek glo ook dat mense nou nie meer van enigiets anders as covid dood gaan nie. Hoe vroeg was die babatjie gebore. Gewoonlik het alle vroeggebore kinders long probleme want die longetjies funksioneer nog nie ten volle nie

Kobus ·

Helene sien my kommentaar hieronder- as jy reg sou wees het daar net 360 mense in SA in die afgelope 10 weke gesterf…

Kobus ·

Mbt van die vrae, ek is nie n dr. nie, maar my vrou is wel een en ek verstaan die virus is wel oorgedra in die baarmoeder. Daar word nie genoeg feite gegee nie, bv. of kovid wel die baba se longe aangetas het, maar studies wys dat kovid die vroeggeboorte kon veroorsaak het. Kovid tas die longe aan wat in die ernstige gevalle lei tot hart of orgaanversaking. Die pasient gaan dus dood aan bv. hartversaking wat teweeggebring is aan die onderliggende oorsaak van die virus wat die longweefsel beskadig het. Die vergrote regterhart kamer is gewoonlik aanduidend van longversaking wat tiperend is van die virus. Die doodsert. sal aandui die oorsaak van die dood asook die onderliggende oorsaak. Ek dink elke geval moet op sy eie beoordeel word en dikwels weet ons nie al die feite nie, maar dokters sal nie moedswillig sertifikate vervals om paniek te saai nie. Relatief min is nog van die virus bekend, en navorsing sal hopelik nog lig werp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.