Covid-19-statistieke: Eerste teiken van 80 000 inentings bereik

Die Johnson&Johnson-entstof wat in Suid-Afrika gebruik word. (Foto: Phill Magakoe/ AFP)

Altesaam 1 516 262 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 447 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 95 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (5), Vrystaat (19), Gauteng (30), KwaZulu-Natal (8), Mpumalanga (7), Noord-Kaap (1) en die Wes-Kaap (25) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 50 366 te staan.

Volgens Mkhize het 1 434 772 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 94,6%.

Nog 33 498 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 147 524 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Daar is tans 31 124 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika. Die meeste van dié gevalle is in KwaZulu-Natal.

Altesaam 83 570 gesondheidswerkers is in dié stadium teen Covid-19 ingeënt.

Mkhize sê Suid-Afrika het reeds sy eerste teiken bereik deur al 80 000 dosisse van die eerste besending Johnson & Johnson-entstof binne twee weke toe te dien.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 305182 404273
Vrystaat3 29870 8026 165
Gauteng9 770392 9762 717
KwaZulu-Natal9 698310 4529 516
Limpopo1 90459 245938
Mpumalanga1 26969 0291 107
Noordwes1 20357 4502 531
Noord-Kaap69431 3892 035
Wes-Kaap11 225261 0255 842
Totaal50 3661 434 77231 124

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

80000 inëntings oor 2 weke is 2 miljoen inëntings per jaar. So dit gaan 30 jaar duur om die huidige bevolking van 60 miljoen in te ent. Oor 30 jaar het daardie 60 miljoen na 120 miljoen vermeerder. DUS gaan dié Corona nonsens en inperking NOOIT verdwyn nie.

Francois Le Cochon ·

Jaco, ja jy is heeltemal reg. Die 18 wetenskaplikes wat die WGO aangestel het om covid wereldwyd te monitor, het juis net gister hul voorspelling aangepas na “nog baie jare”, agv van die nuwe mutasies.

Lindi ·

Hoeveel hiervan is ook van die vervalste entstof wat gekry is?

Francois Le Cochon ·

My raat is, moenie covid entstof saam met jou Gucci donkerbrille by die robots koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.