Covid-19-statistieke: Effens meer gevalle as dag tevore

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 887 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die jongste toename in gevalle verteenwoordig, nes die dag vantevore, ʼn positiwiteitskoers van 2,8% terwyl nog tien pasiënte intussen weens Covid-19 gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 89 572 met minstens 2 929 175 mense in Suid-Afrika wat reeds die virus opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (66%) aangemeld gevolg deur die Noord-Kaap (12%). Die Wes-Kaap het op sy beurt 6% van die nuwe gevalle aangemeld gevolg deur KwaZulu-Natal met 5%. Dié provinsies word gevolg deur Mpumalanga en die Vrystaat met 4% elk. Noordwes is kort op die hakke met 3% terwyl die Oos-Kaap en Limpopo die minste nuwe gevalle aangemeld het (2% elk).

Suid-Afrika het tot dusver 19 092 934 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 768 sedert die vorige verslag.

Daar is tans meer as 18 609 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 820 994 mense van die virus herstel.

Nog 33 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 3 504 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 24,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalle op 20 November 2021Totale gevalle tot en met 20 November 2021
Oos-Kaap15292 678
Vrystaat9163 988
Gauteng584922 834
KwaZulu-Natal42516 439
Limpopo22122 443
Mpumalanga34152 377
Noordwes26151 006
Noord-Kaap10692 980
Wes-Kaap49514 430
Totaal8872 929 175

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irene

Ek dink die getalle word gekook……vakansie is oppad…..plekke is bespreek. Die dorp waarin ek bly het hoogstens 2 gevalle per dag. Baie mense het nou griep en nie Covid, kan nie help om te wonder of daai negatiewe Covid toets nie aangeteken word as positief nie……wonder maar net hoe die getalle in so n kort tyd so vinnig kon styg.

Anel

HA, HA, HA!!!!!

Jonico

Duidelik is die getalle gedokter. Bv. Hospitaal opnames. Vorige dag was daar 2895 mense in die hospitaal volgens die vorige berig. Met die berig is daar nog 33 mense opgeneem maar die totaal is nou onverstaanbaar op 3500+ … So iewers kan iemand nie wiskunde doen nie of die getalle word uit iemand se duim gesuig

annie

Cele moet solank ‘n strandhoed kry want kom wat wil gaan sy mense opdaag op Natal se strande hierdie Desembervakansie. Do as the masters do, is die mode en as die covid-kenners Europa navolg gaan die volk die Europeërs se gedrag kopieër en amok maak as hul teengestaan word. Die on-ge-tan-des sal veral moet lig drink, ligloop en laag lê, netnou kry julle ‘n etiket… aan die groottoon.

Elize

Net gister die berig gelees oor die vaccines wat vervang is met soutwater. So ja daar is die antwoord.