Covid-19-statistieke: Effens meer gevalle, sterftes as dag tevore

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Nog 169 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig, nes die dag vantevore, ‘n positiwiteitskoers van 0,8% terwyl nog 18 pasiënte intussen weens Covid-19 gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 89 197 met minstens 2 922 391 mense in Suid-Afrika wat reeds die virus opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (22%) aangemeld gevolg deur die Vrystaat en KwaZulu-Natal met 17% elk. Dié provinsies word gevolg deur Mpumalanga (12%), die Wes-Kaap (11%), die Oos-Kaap (8%), Noordwes (7%) die Noord-Kaap (5%) en Limpopo (2%).

Daar is tans meer as 18 540 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 814 654 mense van die virus herstel.

Nog 23 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 3 780 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 22,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalle op 2 November 2021Totale gevalle tot en met 2 November 2021
Oos-Kaap14292 387
Vrystaat28163 508
Gauteng37919 636
KwaZulu-Natal28515 675
Limpopo3122 267
Mpumalanga21152 030
Noordwes11150 660
Noord-Kaap992 513
Wes-Kaap18513 715
Totaal1692 922 391

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mallie ·

So ons gaan defnitief weer “lockdown” he in Desember, omdat mense hulle nie self kan beheer nie.

VaalDonkie ·

Moenie vir my kwaad wees nie. As dit van my afgehang het, het ons almal Desember gepaartie op die strande.

Fritz ·

En as dit van my afgehang het, sou daar nooit n enkele dag inperking gewees het nie. Ek sou elke mens toelaat om self verantwoordelikheid te aanvaar vir sy lewe.

Waarnemer ·

Net soos ek voorspel het,hou dop,na ! November gaan die covid gevalle weer styg….back to level 5 is op pad.Daar was heel duidelik GEEN maar GEEN afstand gehandhaaf by verkiesingspunte nie.

Tubac ·

Die afstand was dalk nie daar nie maar die dra van maskers wel.

Hennie ·

By my stemlokaal was daar genoegsame afstand gehou en maskers gedra.

Dirk Mostert ·

Met slegs 23 hospitaalopnames van 169 positiewe toetse is die positiwiteitskoers eintlik =13.6% van 0.8%. Die aktiewe gevalle is die 3,780 tans in hospitale. Die res van die 28,540 “aktiewe gevalle” is slegs valslik positief getoets, maar makeer niks. Hou op met die oordadige getoetsery, dan is daar geen pandemie nie. Die totale sterfgevalle (waarvan baie twyfelagtig aan covid toegeskryf) is sowat 6% van normale sterftes in S.A. oor dieselfde tyd, teenoor 2.5% wereldwyd.

Anel ·

As die mense nie vir die geringste gaan toets nie, gaan daar niemand positief wees nie. Hoeveel van die wst positief getoets word, is werklik positief? Klug man!!!

MakersMark ·

Daar is nugter denkendes wat hul laat toets as hul dink hulle het simptome. Omdat hul omgee vir hul eie gesondheid en van ander. Wie is jy om te besluit wie hul moet laat toets of nie. Betaal jy vir ander se mediese toetse ?

Thom ·

Daar is baie van hierdie mense met die intelligensie van ‘n brood .

Andries ·

Natuurlik moet die getalle weer begin styg sodat die regering die verlenging van die noodtoestand kan regverdig en daarom sal hulle weer ‘n ‘lockdown’ ook regverdig.
Dit is lankal tyd dat opgestaan word teen hierdie magsmisbruik.
Niks te doen met “afstand handhaaf” en “self beheer nie” dit het alles te make met ‘n generasie wat ‘VEILIGHEID’ vekies bo ‘VRYHEID’ en daarom toelaat dat hulle so gemanupileer word heel en weer gegooi word deur ‘golf’ na ‘golf’ wat deur die regering en die media geskep word.

MakersMark ·

So volgens jou is die mense wat wêreldwyd ernstig siek is of afgesterf het agv CV19 ‘n “manufatured” syfer en eintlik net ‘n manier van manupulasie ? Die wat weke in ICU’s was is net akteurs wat deur die staat of een of ander sinister groep genaamd “hulle” gehuur is vir hul “acting skills”? Intelligentes verstaan voor inenting was daar ‘n ware gevaar mbt CV19 en het veiligheid bo vryheid gekies. Met beskikbaarheid van inentings kan albei op dieselfde tyd gekies word. Help nie jy is vry en maak wat jy wil en eindig op 6 weke op ‘n respirator gekoppel nie.

LANA is ELANè ·

En hier gaan ons alweer!!! Net sodat daar Desember inperkings ingestel kan word om mense in hulle huise en provinsies te hou. Al hierdie goed word so goed beplan, dit gaan nou kamtig klim agv die sg massas by die stemlokale en ons, die regering, wat optree in belang van sy burgers, MOET dit tog net onder beheer hou deur om almal se reg op beweging weereens te beheer.!

Papsak ·

Ja nee kyk hulle het hulle plannetjies duidelik agter mekaar gekry om ons weet gehok en gevange te hou oor vakansietyd loop wakker kyk rond

MakersMark ·

Wie is “hulle” en waarom het “hulle” sulke planne om jou “gehok” te hou. Gewoonlik word diere op hok gehou en nie mense nie.

Blomme ·

Het die skielike afname in getalle dalk iets te doen met die vaccines? Dis heel waarskynlik slegs die nie gevaksineerdes wat positief toets.

VaalDonkie ·

Toemaar ouens, die getalle sal nie begin klim voordat die Britse toeriste nie almal terug op die vliegtuie is nie. Our Cyril het mos vir Boris belowe alles is oukei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.