Covid-19-statistieke: Effens meer nuwe gevalle aangemeld

Salome Nkoana, waarnemende operasionele bestuurder van die Covid-19-saal by die Tembisa-hospitaal, trek haar persoonlike beskermingstoerusting aan. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Suid-Afrika het 934 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig wat die algehele getal infeksies op 1 530 966 te staan bring.

Die herstelkoers staan nou op 95%, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand gesê. Altesame 1 458 001 mense het reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tans naastenby 21 000 aktiewe gevalle van Covid-19.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  6 032

Wes-Kaap:          4 990

Gauteng:             2 480

Noordwes:         2 086

Noord-Kaap:      2 083

Vrystaat:             1 822

Mpumalanga:    927

Limpopo:            626

Oos-Kaap:           359

Totaal:                 21 405

Nog 139 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Hiervan was twee in die Oos-Kaap, 13 in die Vrystaat, 29 in Gauteng, 20 in KwaZulu-Natal, 57 in Limpopo, ses in Mpumalanga, drie in die Noord-Kaap en nege in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Noordwes aangemeld nie. Die algehele sterftesyfer staan op 51 560.

Altesame 157 286 gesondheidswerkers is teen gisteraand teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KB ·

Wat my opval (uit die staanspoor uit), is die onbeduidende syfers van die Limpopo, Mpumalanga en Oos-Kaap provinsies. Ek glo die regering se Covid-verslae glad nie.

Bernard ·

Feitlik ‘n jaar later – en steeds ingehok deur die regime. Goeie nuus: Ek het “Covid ” 17 en 18 oorleef.

Smirre ·

Ek probeer weer, sien dit gaan teen huidige trant 20 jaar vat om die hele land in te ent (ja ek weet, dit is net indien almal ge ent word)

Nie Verbaas ·

Wag net tot voor Paasmaweek, dan is derde golf ewe skielik hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.