Covid-19-statistieke: Effens minder gevalle aangemeld

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Minstens 34 847 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 2 411 nuwe virusgevalle Donderdag aangemeld is.

Dit is effens minder as die aantal nuwe gevalle wat ʼn dag tevore (3 118) aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 7,8%.

Die departement van gesondheid het Donderdag 40 Covid-19-verwante sterftes aangemeld, waarvan sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 018 te staan.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%), KwaZulu-Natal (18%), Mpumalanga (8%), die Vrystaat (6%), die Noord-Kaap (5%), die Oos-Kaap (4%), Limpopo (3%) en Noordwes (2%).

ProvinsieAantal nuwe gevalle op 24 Februarie aangemeld
Oos-Kaap85
Vrystaat133
Gauteng874
KwaZulu-Natal427
Limpopo69
Mpumalanga185
Noordwes115
Noord-Kaap43
Wes-Kaap480
Totaal2 411

 

Minstens 3 075 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 82 mense Donderdag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 667 560 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie 96% reeds herstel het.

Daar is altesame 22 994 945 Covid-19-toetste al gedoen, waarvan 30 818 Donderdag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 84 084 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 31 309 353 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adriaan

COVID-19 case and hospitalization rates increased among people who got a COVID-19 vaccine following the emergence of the Omicron virus variant, according to newly published data from the Centers for Disease Control and Prevention (CDC).

Andre

Die grappie is nou al oor, kan ons die “Covid” nou maar wegpak?

Hendrik Daniël

Amptelik gepubliseerde totale Covid-19-sterftes geplot teen elke land se vol-inentingspersentasie, wys dat die tendens negatief is vir inentings. Om te kompenseer vir onderrapportering, is die statistiek aangepas deur die oormaat natuurlike sterftes oor die pandemietydperk vir elke land in ag te neem. Die resultaat was steeds nie positief vir inentings nie. Bron: Hennie Mouton se YouTube-videos, gebaseer op data van Worldometer, Johns Hopkins en Our World in Data.

Adriaan

Fresh suspicion that Covid may have been tinkered with in a lab emerged today after scientists found genetic material owned by Moderna in the virus’s spike protein.

They identified a tiny snippet of code that is identical to part of a gene patented by the vaccine maker three years before the pandemic.

It was discovered in SARS-CoV-2’s unique furin cleavage site, the part that makes it so good at infecting people and separates it from other coronaviruses.

Samuel

Hoelank gaan die media aanhou om oor covid te berig? Dit is so afgesaag en vervelig.