Covid-19-statistieke: Effens minder nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Vrydag is 20 713 nuwe Covid-19‑gevalle in Suid-Afrika aangeteken. Dit is minder as die 26 000 en 24 000 wat onderskeidelik Woensdag en Donderdag aangeteken is. Die positiwiteitskoers het ook afgeneem van 32% Woensdag tot 30,4% Vrydag.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng aangemeld (5 850), hoewel daar die afgelope week ʼn merkbare afname in die getal nuwe gevalle in dié provinsie was. Woensdag het meer as 8 000 mense hier positief getoets.

KwaZulu-Natal (5 134) het die tweede meeste nuwe gevalle Vrydag aangeteken en die Wes-Kaap (3 655) derde meeste.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap1 583
Vrystaat1 298
Gauteng5 850
KwaZulu-Natal5 134
Limpopo689
Mpumalanga1 104
Noordwes893
Noord-Kaap509
Wes-Kaap3 655

Altesaam 35 nuwe Covid-19‑sterftes is aangemeld en 429 mense met Covid-19 is in hospitale opgeneem. Tans word 7 932 mense met Covid-19 in ʼn hospitaal behandel. Die meeste van hulle (4 793) word in staatshospitale behandel. Volgens die departement van gesondheid word slegs 1,7% van pasiënte met Covid-19 in die hospitaal opgeneem .

Altesaam 69 577 mense is Vrydag teen Covid-19 ingeënt. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Vrydag sy kommer uitgespreek oor al minder mense wat hulle die afgelope 10 dae laat inent het. Die land mik om daagliks meer as 200 000 mense teen Covid-19 in te ent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lourens CFG ·

Dit is seker hoekom gauteng se getalle af, en Kaap s’n op is.
;-)

Jeepie ·

Ja. Ons het ‘n plan. Kan nie alles vir ons self hou nie.

Strandloper ·

Steeds scary tog is daar duisende wat dink hul is bestand deur snert te glo.

Dirk Mostert ·

Die entstof is meer riskant as die kamtige variant. Jy glo die propaganda in die hoofstroommedia.

KB ·

Dit is duidelik dat die Covid-19 se ware feite nog steeds deur die media verswyg word.
Gee vir die publiek die sterftesyfers van elke variant, dan sal die publiek besef dat bitter min mense sterf van die Omikron-variant en dat hierdie “pandemie” op ʼn einde is.
Maar o wee! Wat maak ons dan met die voorraad “entstof”? (Skenk dit vir ander Afrika-lande…bv. die J&J-entstof).

Papsak ·

Liewe flip dan klim die syfers dan daal hulle kan hulle tel ooit lyk my nie so nie ja nee kyk hierdie n lekker game geld maak en alles

Anel ·

Hy is nie bekommerd oor die mense self nie. Meer bekommerd oor die geld wat hulle verloor omdat mense se oë oop gegaan het en gesien het die spuit is toe nie alles wat hulle belowe het of gepropageer het nie.

Esme ·

Is dit nie ‘n jammerte dat die onbetroubare, sosiale media, die bron van inligting geword het, om meer inligting oor Covid 19 te kry nie? Daar is tans soveel wanpersepsies, onwaarhede en inligting wat nie met die publiek gedeel word nie, en om daardie rede skep die publiek hulle eie nuusbronne.
Wat ek wel waargeneem het, is gedragsveranderinge na Vaksiene, daar is ook blykbaar ‘n toename in hartverwante spiersiektes, selfs gerugte dat Algemene Praktisyns gekant is, teen vaksinering. Die syfers wat deurgegee word, is misleidend en terwyl die waarheid verswyg word, sal daar altyd twyfel by ‘Conspiracy Theorists’ bestaan.
Kan dus net se, baie dankie MM vir die plasing van nikssegende inligting.

Kremetart ·

My hele gesin van 6 het omikron. Teen tussen R600 en R300 per toets, het ons slegs een lid van die gesin laat toets. Ek weet dus vir seker dat die getalle heeltemal verkeerd is: daar is sekerlik honderde ander wat nie getoets word nie. FYI ons is ingeënt en dit het nie ‘n verskil gemaak nie. Ons het almal saam siek geword en het dieselfde simptome.

Vlooitjie ·

Ek vra weer, wat het geword van verkoue, griep, bronchites, longontsteking? Maar sterkte anyway, hoop julle herstel almal ook mooi saam.

Jan ·

Wel al wat ek kan se met partytjies aan die orde van die dag veral in ‘n sekere woonbuut in Roodepoort met ‘n metropolisieman drie huise van my af en die partytjie gaan amper deurnag met 100 plus mense op ‘n slag by die huis en polisie en metropolisie wat niks doen verbaas die syfers in Gauteng my glad nie

Dirk Mostert ·

Daar is tans meer padsterftes, maar daarvan kan seker ook herontplooi word, mits hulle vooraf positief was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.