Covid-19-statistieke: Effens minder nuwe gevalle, maar …

Werkers in beskermingspakke berei ʼn kis voor met die liggaam van iemand wat vermoedelik aan Covid-19 gesterf het. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Altesaam 9 300 nuwe Covid-19-gevalle is sedert Sondag in Suid-Afrika aangeteken. Dit is effens minder as die daaglikse styging van tussen 10 300 en 13 400 wat sedert 10 Julie aangeteken is. Daar blyk wel ʼn fout in die statistieke te wees wat deur die departement van gesondheid uitgereik is, aangesien die Wes-Kaap se algehele gevalle as 85 772 aangedui word, wat minder is as die 85 926 wat Sondag aangedui is. Aangesien dié syfers dui op die algehele aantal gevalle wat sedert Maart aangeteken is en nie herstelsyfers in ag neem nie, kan dié syfer onmoontlik minder wees as voorheen.

Altesaam 373 628 mense (met die Wes-Kaap se foutiewe syfer bygereken) is dus volgens die departement van gesondheid sedert Maart met Covid-19 gediagnoseer.

Gauteng het tot dusver 136 879 gevalle aangeteken, ʼn styging van 3 262, wat ook laer is as die gemiddelde daaglikse styging van 5 000 die afgelope twee weke. Die Oos-Kaap het 2 135 nuwe gevalle aangeteken, wat beteken dié provinsie het nou 85 772 gevalle aangeteken.

Daar is wel landwyd 140 nuwe sterftes aangeteken, wat die dodetal weens Covid-19 op 5 173 te staan bring. Altesaam 194 865 mense het reeds van Covid-19 herstel, wat beteken 52% van Suid-Afrikaners wat sedert Maart met Covid-19 gediagnoseer is, het reeds weer negatief vir die virus getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Van die begin af is die statistieke verdag. Glo nie die Oos Kaap toets eers meer nie. Wat n klug.

Adeline

Die foute is ook deur my opgetel en nou wonner ek ook of die persoon wat die getalle bywerk ooit sy/haar werk nagaan en of die foutiewe getalle wat van die begin af deur korrupsie en misleiding deur gegee word – reggestel word op die wêreld syfer wat deur gegee word. Die syfers is ook baie laat nog nie beskikbaar gestel (23:30) gister aand nie.
Ek persoonlik dink daar is groot korrupsie en gekonkel agter die syfers wat deur die huidige korrupte regering deurgegee word aan die publiek – met ontbloting daarvan is daar van hulle kant af ‘n DOODSE STILTE!.

Stefan

Hoe moeilik kan dit wees om te tel, selfs met net 30% vir wiskunde.

Charles

Ek sê nogsteeds die herstel syfer moet baie hoër wees, want die minimum gaan weer terug om weer getoets te word vir ‘n negatief, hulle bly hulle 14 dae in isolasie en gaan dan aan met hulle lewens, maar hulle bly dan op die statistiek as nogsteeds positief al is dit al 3 maande in die pad af.

Josh

Effens minder?!