Covid-19-statistieke: Effens minder nuwe gevalle

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Nog 1 306 pasiënte het in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die aantal nuwe infeksies is laer as die dag tevore (1 635) én laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (1 377).

Die jongste toename in Covid-19-gevalle verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 4% terwyl nog 48 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 87 753 met minstens 2 905 613 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (22%), gevolg deur KwaZulu-Natal (18%). Dié provinsies word gevolg deur Gauteng (14%), die Oos-Kaap (13%) en die Vrystaat (11%). Die Noord-Kaap het op sy beurt 9% van die nuwe gevalle aangemeld, gevolg deur Mpumalanga (6%), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Daar is tans byna 39 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 778 893 mense van die virus herstel.

Nog 51 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 6 340 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Nog 106 722 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Altesame 17 815 485 mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KB ·

51 nuwe pasiënte is bykomstig opgeneem in hospitale – hoeveel is ontslaan uit hospitale in dieselfde tydperk?
Gee ‘n bietjie die data aan beide kante van die situasie, asb.

NWT ·

My vraag is altyd . Hoe weet hulle wie en hoeveel het herstel. Want ek weet van positiewe persone wat insolasie was , en net na 10 dae weer buite gmbegin rond beweeg het. Hoe weet ons hulle is nie nogsteeds positief nie.

Die ander vraag is. Die persone wat meer as eenkeer positief getoets is word hulle een keer of twee keer getel. Onthou ons is 57 miljoene mense in ons land volgens die laaate sensus opname. So ons kan nie op die ou einde met 200 miljoene positiewe gevalle sit nie. Anders beteken dit positiewe gevalle is meer as een keer getel of die die land sit met miljoene buitelanders of ongeregistereerde burgers.

Die regering moet ook ope kaarte met sy burgers speel. Die beweging van vkak 3 na vlak 2 en dan vkak 1 binne 3 weke het niks te make met lae positiewe gevalle. Dit het alles te make die plaaslike verkiesing. Enige persoon weet dat by n plaaslike verkisiesings is duisende mense .( superspeaders ) . Hoekom dan nie begrafnisse meer maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.