Covid-19-statistieke: Effense toename in herstelkoers

Argieffoto (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 3 520 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 10,0% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 576 379 te staan.

Nog 103 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 10 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 93 949 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 21 968 562 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (25%), gevolg deur die Wes-Kaap (21%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 15%, Limpopo 11%, die Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes elk 6% en die Noord-Kaap 5%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 163 hospitaal-opnames. Daar is tans 6 892 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 403 253 persone (95,2%) het reeds herstel.

Altesaam 21 968 562 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap226339511
Vrystaat204195109
Gauteng8661159542
KwaZulu-Natal514638809
Limpopo398147593
Mpumalanga208181975
Noordwes212184003
Noord-Kaap166106308
Wes-Kaap726623529
Totaal35203576379

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap159523200073552339511
Vrystaat73491808486912195109
Gauteng20389113092482291159542
KwaZulu-Natal1564558852034644638809
Limpopo42341406982661147593
Mpumalanga20411781031831181975
Noordwes44751748564672184003
Noord-Kaap2501979025905106308
Wes-Kaap2136359139510771623529
Totaal939493403253791773576379

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.