Covid-19-statistieke: Effense toename in nuwe gevalle

Net minder as 13 miljoen mense is tot dusver ingeënt. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Nog 9 544 gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, ʼn styging van die 7 086 nuwe gevalle wat ʼn dag tevore aangemeld is. Die syfers is ook hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle (9 286) wat in die vorige sewe dae aangemeld is.

Die algehele getal laboratoriumbevestigde koronavirusgevalle op tuisbodem staan nou op 2 787 203, terwyl 2 560 605 mense reeds herstel het.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die positiwiteitskoers het egter effe gestyg. Dit het toegeneem van 14,4% ʼn dag tevore, tot die huidige 15,6%.

Nog 235 sterftes is bevestig, wat die algehele sterftes op 82 496 te staan bring.

Altesame 61 027 nuwe toetse vir Covid-19 is landwyd gedoen en die meeste nuwe gevalle (28%) was weer in KwaZulu-Natal.

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 392
  • Vrystaat: 964
  • Gauteng: 840
  • KwaZulu-Natal: 2 681
  • Limpopo: 199
  • Mpumalanga: 435
  • Noordwes: 409
  • Noord-Kaap: 575
  • Wes-Kaap: 2 049
  • Totaal: 9 544

In dié stadium word 12 663 mense in hospitale vir Covid-19 behandel, nadat nog 404 mense opgeneem is.

  • Private hospitale: 5 972
  • Staatshospitale: 6 661

Wat inentings betref, is 253 160 mense Dinsdag teen Covid-19 ingeënt. Dit bring die land se getal inentings op meer as 12,8 miljoen te staan.

Inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 632 634
  • Vrystaat: 673 485
  • Gauteng: 3 291 528
  • KwaZulu-Natal: 2 206 037
  • Limpopo: 1 355 324
  • Mpumalanga: 661 522
  • Noordwes: 676 699
  • Noord-Kaap: 250 810
  • Wes-Kaap: 2 093 4998
  • Totaal: 12 841 537

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jou gewete ·

the road goes on forever and the party never ends. KYK OP WORLDOMETER die syfers rol oral maar net aan en aan ongeag hoeveel mense al geweksien is. Die wetenskap het misluk of wil dit so he

piet ·

Sou meer gewees het as mense nie ingeent was nie en die dodetal sou ook baie meer gewees het.

Nicolaas ·

Elke dag lees ek die nommers en elke dag wonder ek hoe lank die artikels gaan aanhou? C o v i d gaan met ons wees soos die griep, diabetes, kanker, malaria etc. Hoe gouer mense dit besef en hoe minder mense op die artikels kliek hoe vinniger gaan dit uit die media weggaan. Hoe beter gaan almal se lewens wees.

Thom ·

Yip en hoe gouer almal ent en die variant-fabrieke elimineer , hoe beter .

Thom ·

Gelukkig weet ek dat dit waar is ___ ek gebruik weer Kanada as voorbeeld ; lewe is terug na normaal en GEEN Covid-pasiënte op ventilators nie .

piet ·

Nie hier in SA nie Thom. Ons gaan maar aansleep met grendeltyd tot die hoenders tande kry. Te veel ongehoorsame cowboys. Ander lande se mense gaan kyk reeds in groot getalle sport en al daai lekker dinge want hulle het ‘hul deel gedoen met die inentings. Lyk my ons het ‘n groepie wat eerder ingehok wil bly.

MakersMark ·

Korrek piet maar die wêreld beweeg aan. Oorsee word meer werknemers verplig deur werkgewers om ingeënt te word, en sosiaal word die inentings paspoort deur meer en meer lande aangevra. Hier in SA oorweeg die regering dit ook reeds en net vandag het ‘n paar groot maatskappye aangekondig dis verpligtend van werknemers on by 1 Januarie 2022 ingeënt te wees. Beste nuus. Die anti vaxxers se wêreld gaan moeilik raak.

MakersMark ·

Net solank ons nie lees van dit nie is dit nie daar nie……

Esme ·

En so loer ons dag na dag na die ‘opgedateerde syfers’ – en nog word ons vrae nie beantwoord nie, en nog druk die media Covid Vaksinering in ons keelgate af, en nog glo ons Regering elke woord wat Dr Anthony Fauci en die WGO se. Watter ‘ onmenslike jammerte dat almal hulle vasstaar in syfers en hulself nie toespits op ons Skepper en Sy werk nie.
Die enigste ambisie is die terugkeer na ‘normaal’… As ek die situasie wereldwyd dophou, wonder ek of almal genoee gaan wees met die ‘normaal’ wat op ons wag.

piet ·

Die Skepper het jou die verstand gegee om jou gesondheid op die beste manier op te pas wat jy kan en in hierdie geval is dit om ingeent te word. Dis ‘n sonde om nie jou gesonde verstand te gebruik nie.

Baardman ·

Kyk hoe lekker kom die skares bymekaar in die buiteland by sportbyeenkomste. Maar ons Suid- Afrikaners is te hardegat om in te ent.

piet ·

Domastrant maar dit lyk meer te neig na die domgeit-kant toe.

Baardman ·

En Desember kan hulle nie verstaan waarom die strande weer toe is nie.

Thom ·

En nog ‘n brokkie inligting wat die domastrantes nie wil hoor nie ___ GEEN sterftes in SA kan toegeskryf word aan die inentings nie !

Pieter ·

Die syfers is duidelik verkeerd!! Hoe kan daar in die Weskaap alleen meer inentings wees as die “totaal” in die hele SA???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.