Covid-19-statistieke: Enkele nuwe sterftes

(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Nog 912 bevestigde gevalle van die koronavirus is aangemeld wat ’n positiwiteitskoers van 4,7% verteenwoordig.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nou 3 705 696 gevalle is sedert die uitbreking van Covid-19 twee jaar gelede in Suid-Afrika aangemeld.

Die sterftesyfer weens Covid-19 het intussen op 99 893 te staan gekom nadat nog drie sterfgevalle aangemeld is, waarvan slegs een in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Nog 34 Covid-19-pasiënte is sedert Nios se vorige verslag in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 2 003 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (33%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%) en KwaZulu-Natal (22%).

Daar is tans 14 230 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,5 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 33,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 22 Maart 2022Totale gevalle tot 22 Maart 2022
Oos-Kaap41344 547
Vrystaat26201 978
Gauteng3001 204 270
KwaZulu-Natal197657 751
Limpopo25155 537
Mpumalanga41192 841
Noordwes67192 522
Noord-Kaap3108 767
Wes-Kaap212647 483
Totaal9123 705 696

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietertjie

Ek wonder altyd of die bewese vals-positiewe PCR toetse in berekening gebring word met hierdie statistiek.

VaalDonkie

As drie sterftes per dag ‘n “ramp” is, gaan ons vir ewig gehok bly

Nie Verbaas

Kyk hoeveel moorde word daagliks gepleeg en hulle doen niks nie maar oor COVID word groot geraas gemaak.

Marius

Klugspul !!!