Covid-19-statistieke: Gauteng en Vrystaat het tans meeste aktiewe gevalle

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 669 498 gevalle is tot dusver aangemeld waarvan 969 gevalle sedert die vorige verslag. Minstens 4 128 438 toetse is reeds gedoen. Dit is 11 359 toetse die afgelope 24 uur.

Nog 64 sterftes is aangemeld (5 in die Oos-Kaap, 4 in KwaZulu-Natal, 43 in Gauteng, 11 in Mpumalanga, 1 in die Wes-Kaap). Dit bring die dodetal op 16 376 te staan.

Minstens 601 818 persone (89,9%) het reeds herstel.

Gauteng (19 725) en die Vrystaat (13 471) het tans die meeste aktiewe gevalle.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8877613.3
Vrystaat458776.9
Gauteng21886132.7
KwaZulu-Natal11860817.7
Limpopo151912.3
Mpumalanga269344.0
Noordwes288914.3
Noord-Kaap160652.4
Wes-Kaap11029516.5
Totaal669498100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3103845741099
Vrystaat8383156813471
Gauteng420119493519725
KwaZulu-Natal26211096046383
Limpopo38614054751
Mpumalanga52025615799
Noordwes350254663075
Noord-Kaap197129592909
Wes-Kaap41601030433092
Totaal1637660181851304

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karlahari ·

So stil stil het die sterfte syfer in Gauteng die WesKaap verby gesteek. Maar met dubbel die infeksies….
Iemand steek iets weg of hulle tel soos ons oud president se skaal van wigte en teen wigte….

wim ·

Die Vrystaat se hoë “aktiewe” gevalle waaroor ek al vroeër kommentaar gelewer het, is ‘n administratiewe of rapporteringsfout.

‘n Beter manier om te tel as mens nie die midelle het om op te volg nie, is hoeveelheid infeksies jonger as twee weke.

Jan ·

Die pandemie wat toe nie was nie se oorblywende “redes” vir inperking verdwyn nou soos mis voor die son. So ook die lekker histerieverspreiding deur die hoofstroommedia. Die skulderkenning oor die Zim-vlug is ‘n vulletjie teen die een wat verskuldig is oor die skade wat deur inperking berokken is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.