Covid-19-statistieke: Gauteng kry hulp met syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 3 069 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld te midde van streng waarskuwings teen ʼn gevaarlike styging in virusgetalle op verskeie plekke landwyd.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het gesê altesaam 778 571 mense het reeds positief vir die virus getoets.

Altesaam 88 nuwe sterftes is bevestig. In die Oos-Kaap is 33 sterftes aangemeld, in die Vrystaat 25, in Gauteng vyf, in KwaZulu-Natal twee sterftes en in die Wes-Kaap 18. Dit bring die getal sterftes tot op hede op 21 289 te staan.

Mkhize het gesê Gauteng gee intussen dringend aandag aan die kwessie van datarekonsiliasie in die provinsie. Die nasionale departement van gesondheid het ook ʼn span na Gauteng gestuur om met dié proses te help.

Die getal aktiewe gevalle in Gauteng word steeds nie bekend gemaak nie.

Die Oos-Kaap, met 8 909 gevalle, het in hierdie stadium die meeste aktiewe gevalle, gevolg deur die Vrystaat met 6 485 en KwaZulu-Natal met 6 167.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
PH

Moet net nie vir Zuma kry om te help met die syfers nie.

OW

Gauteng is lankal van die radar af wat statistiek betref en die premier is so stil soos ‘n oorlogskip in vredestyd.Die TV aandnuus kan maar gerus sê ons skakel nou oor na die Wes Kaap vir die dag se nuus.Dit is al wat deesdae gehoor word.

Rentia

Hulp? Waarvoor? Kan niemand dan meer tel nie? Of is daar nou soveel siektes wat onder covid val dat hulle self nie meer weet wat gaan aan nie?

quartus

Miskien moet ons n klompie telrame ( met instruksies hoe om dit te gebruik ) aan die mense voorsien?

Atta

Ek sal graag die statistiek wil sien waar die afgelope 12 maande se totale sterftesyfer vir SA vergelyk word met die vorige 3 of 4 jaar se syfers vir dieselfde periodes. Dan kan ons appels met appels vergelyk en sien wat die werklike effek van Covid-19 is.