Covid-19-statistieke: Geen nuwe sterftes aangemeld

Argieffoto (Foto: Go Nakamura/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Altesame 828 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 732 075 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (45%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 12 668.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan op 100 096 nadat geen nuwe sterftes aangemeld is nie. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 619 311 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het tot dusver 24 060 151 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 739 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 13 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 113 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 34,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap29654
Vrystaat121 462
Gauteng3704 942
KwaZulu-Natal1724 303
Limpopo797
Mpumalanga21326
Noordwes976
Noord-Kaap3209
Wes-Kaap205599
Totaal82812 668

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 594328 583
Vrystaat7 659193 578
Gauteng20 6691 189 121
KwaZulu-Natal16 059642 903
Limpopo4 586151 315
Mpumalanga4 705188 609
Noordwes4 721188 494
Noord-Kaap3 218105 596
Wes-Kaap21 885631 112
Totaal100 0963 619 311

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Witbaard ·

Kyk maar Woensdag sal dit weer optel….hulle tel nie oor naweke nie.

Pampoen ·

Daar is geen gevaar meer nie. Ek weier om ‘n masker te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.