Covid-19-statistieke: Geen nuwe sterftes aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Minstens 24 559 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 1 147 nuwe virusgevalle Sondag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 6,1%.

Die algehele sterftesyfer staan steeds op 99 543 nadat geen Covid-19-verwante sterftes oor die afgelope 24 tot 48 uur deur die departement van gesondheid aangemeld is nie.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%), die Wes-Kaap (21%), Noordwes (6%), Vrystaat en Mpumalanga (4% elk), Oos-Kaap (3%), Limpopo (2%) en die Noord-Kaap (1%).

ProvinsieGetal nuwe gevalle op 6 Maart aangemeld
Oos-Kaap38
Vrystaat48
Gauteng418
KwaZulu-Natal259
Limpopo22
Mpumalanga44
Noordwes69
Noord-Kaap13
Wes-Kaap236
Totaal1 147

Minstens 2 545 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog ses mense Sondag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 684 319 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie byna 97% reeds herstel het.

Daar is altesame al 23 245 373 Covid-19-toetse gedoen, waarvan 18 709 Sondag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 7 414 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 32 087 146 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Hoekom wil hulle nie sê wat se virus nou die meeste infeksies veroorsaak nie.Geen sterftes die afgelope 24 tot 48 uur nie.Dan kan die rampbestuurswet nou opgehef word aangesien daar minder hospitalisasie is en minder mense wat die virus onderdele het wat sê jy jy antieke met die kopdoek.

Frikkels ·

Saterdag was daar 1735 nuwe gevalle. Vir Sondag is daar 1145 nuwe gevalle. Mens kan duidelik die styging wat hier genoem word waarneem! Boel man!!

Miskruier ·

Hier by ons is daar baie griep op dorp, mense is nog so bevrees om vir elke hoes en poep te gaan toets. Stop die toetse en die maskers.

SlinkseKoljander ·

Die grap is nou al twee jaar aan die gang, dit kan nou maar stop gesit word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.