Altesame 785 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 674 042 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,7%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (20%). Die totale aktiewe gevalle is 31 521.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 412 nadat nog 183 sterftes aangemeld is waarvan geen sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het nie. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 543 109 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,4%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 085 457 toetse vir Covid-19 gedoen, 13 669 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 29 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 892 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 31,5 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 13 | 590 |
Vrystaat | 40 | 2 440 |
Gauteng | 318 | 6 484 |
KwaZulu-Natal | 158 | 10 790 |
Limpopo | 8 | 301 |
Mpumalanga | 45 | 1 314 |
Noordwes | 39 | 1 727 |
Noord-Kaap | 8 | 6 261 |
Wes-Kaap | 156 | 1 614 |
Totaal | 785 | 31 521 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 490 | 326 314 |
Vrystaat | 7 577 | 190 656 |
Gauteng | 20 572 | 1 165 846 |
KwaZulu-Natal | 15 981 | 625 263 |
Limpopo | 4 508 | 149 772 |
Mpumalanga | 4 687 | 185 269 |
Noordwes | 4 699 | 184 547 |
Noord-Kaap | 3 198 | 98 827 |
Wes-Kaap | 21 700 | 616 615 |
Totaal | 99 412 | 3 543 109 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
“We Have Some Very, Very Tough Times Ahead” – The Spike Protein Is Inhibiting Cell Repair
Dr. Shankara Chetty: “They will be damaged enough to become cancers, and so we’re going to see an explosion of cancers that we’ve never encountered before.”
So hoekom is die ramatoestand nog nie opgehef nie!!
Dit is jammer dat hier daagliks berig gedoen word oor die COVID, wat besig is om só te kwyn tot net nog ‘n griep, maar oor die instansies wat mense moet behandel, is daar feitlik geen beriggewing nie. Die nasionale gesondheidsversekering word nog steeds hard gedryf deur die cANCer, maar die staatshospitale val uitmekaar. Die stories is daagliks in die nuus. Ek haal my hoed af vir die mense wat hul agterstewes af werk in die staatshospitale, maar hulle kry bitter min toerusting en medikasie waarvoor daar begroot is.
Goeie nuus nou kan ons die maskers weggooi
Tyd dat COVID as ‘n endemiese siekte geklassifiseer word en die ramptoestand opgehef word. Die veranderinge wat veronderstel is om aan wetgewing aangebring te word sal dit wel moontlik maak dat sou die gesondheidstelsel op enige tydstip oorlaai word dat die Min van Gesondheid sekere regulasies kan uitreik maar met met meer oorsig as wat tans onder die ramptoestand die geval is. Ek dink op die stadium het meeste burgers reeds hul besluit vir of teen enting geneem en met dié besluit ook enige gevolge aanvaar.