Die getal Covid-19-infeksies bly toeneem en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê groot kommer heers oor talle distrikte.
Die getal aktiewe gevalle staan in hierdie stadium op 23 845.
Volgens die jongste koronavirussyfers wat die minister bekend gemaak het, is 2 150 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit bring die algehele syfer op 1 590 370 te staan.
Die sterftesyfer weens die virus is 54 620 nadat 63 nuwe sterftes bevestig is. Hiervan was ses in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, 17 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, vyf in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap.
Geen sterftes is in Limpopo of Noordwes aangemeld nie.
Tot dusver het 1 511 905 mense – oftewel 95% van diegene wat die virus opgedoen het – reeds herstel.
Provinsie | Sterftes | Reeds herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 587 | 184 416 | 193 |
Vrystaat | 3 911 | 82 827 | 4 028 |
Gauteng | 10 728 | 411 549 | 4 103 |
KwaZulu-Natal | 10 415 | 321 121 | 5 494 |
Limpopo | 2 310 | 61 452 | 301 |
Mpumalanga | 1 400 | 76 454 | 858 |
Noordwes | 1 725 | 63 405 | 3 356 |
Noord-Kaap | 908 | 36 700 | 3 558 |
Wes-Kaap | 11 636 | 273 981 | 1 954 |
Totaal | 54 620 | 1 511 905 | 23 845 |
Die getal gesondheidswerkers wat tot dusver teen Covid-19 ingeënt is, is 366 101
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Natuurlik sal dit, die “monster” moet lewendig gehou word. En buitendien, die media het nou al ‘n ruk lank voorbrand gedoen vir die volgende golf.
Cry me a river.
Verseker gaan die verkope van alkohol weer die skuld kry vir die toename, so staal julleself vir nog ‘n inperking op alkoholverkope….. Dit maak nie saak hoe dit die ekonomie raak nie….
Diegene wat afsonderingsmaatreëls geïgnoreer het, het waarskynlik nou al die virus gehad, so hulle liggame het n mate van immuniteit opgebou, of hulle weet die virus affekteer hulle nie. Dus geen vrees vir enige toekomstige golwe nie.
Die toename in “infeksies”, met en sonder simptome is niksseggend sonder die verstrekking van aantal toetse.