Covid-19-statistieke: Getal nuwe infeksies bly toeneem

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal Covid-19-infeksies bly toeneem en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê groot kommer heers oor talle distrikte.

Die getal aktiewe gevalle staan in hierdie stadium op 23 845.

Volgens die jongste koronavirussyfers wat die minister bekend gemaak het, is 2 150 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit bring die algehele syfer op 1 590 370 te staan.

Die sterftesyfer weens die virus is 54 620 nadat 63 nuwe sterftes bevestig is. Hiervan was ses in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, 17 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, vyf in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap.

Geen sterftes is in Limpopo of Noordwes aangemeld nie.

Tot dusver het 1 511 905 mense – oftewel 95% van diegene wat die virus opgedoen het – reeds herstel.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 587184 416193
Vrystaat3 91182 8274 028
Gauteng10 728411 5494 103
KwaZulu-Natal10 415321 1215 494
Limpopo2 31061 452301
Mpumalanga1 40076 454858
Noordwes1 72563 4053 356
Noord-Kaap90836 7003 558
Wes-Kaap11 636273 9811 954
Totaal54 6201 511 90523 845

Die getal gesondheidswerkers wat tot dusver teen Covid-19 ingeënt is, is 366 101

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Natuurlik sal dit, die “monster” moet lewendig gehou word. En buitendien, die media het nou al ‘n ruk lank voorbrand gedoen vir die volgende golf.

Swagger

Cry me a river.

Pieter

Verseker gaan die verkope van alkohol weer die skuld kry vir die toename, so staal julleself vir nog ‘n inperking op alkoholverkope….. Dit maak nie saak hoe dit die ekonomie raak nie….

Jedi Knight

Diegene wat afsonderingsmaatreëls geïgnoreer het, het waarskynlik nou al die virus gehad, so hulle liggame het n mate van immuniteit opgebou, of hulle weet die virus affekteer hulle nie. Dus geen vrees vir enige toekomstige golwe nie.

Dirk Mostert

Die toename in “infeksies”, met en sonder simptome is niksseggend sonder die verstrekking van aantal toetse.