Covid-19-statistieke: Getalle styg steeds skerp

Dokters in Seattle in die VSA werk aan die ontwikkeling van ‘n entstof. (Foto: Karen Ducey/Getty Images/AFP)

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het sy pleidooi aan Suid-Afrikaners herhaal om ag te slaan op die bedreiging wat stygende Covid-19-getalle inhou nadat 8 166 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Suid-Afrika het nou 836 764 bevestigde gevalle van die virus. Hiervan het 756 671 mense reeds herstel.

“Daar is duidelike bewyse van ʼn eksponensiële styging in oordrag en dit is rede tot ernstige kommer,” het Mkhize gesê.

Nog 173 Covid-19-verwante sterftes is ook aangemeld. Die meeste – altesaam 90 – is in die Oos-Kaap aangemeld. In die Vrystaat was daar nog 13 sterftes, in Gauteng was daar agt, in KwaZulu-Natal was daar 10 sterftes en in die Wes-Kaap 52.

Dit bring die land se sterftesyfer op 22 747 te staan.

Só lyk die sterftes per provinsie:

  • Oos-Kaap: 5 206
  • Vrystaat: 2 043
  • Gauteng: 5 077
  • KwaZulu-Natal: 3 423
  • Limpopo: 512
  • Mpumalanga: 617
  • Noordwes: 566
  • Noord-Kaap: 333
  • Wes-Kaap: 4 970
  • Totaal: 22 747

Altesaam 45 207 toetse vir die virus is sedert die vorige verslag gedoen. Landwyd is meer as 5,7 miljoen mense reeds vir Covid-19 getoets sedert die uitbreking van die pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Louwrens ·

So dit beteken 80093 mense in die land is siek as gevolg covid en nou moet die res van die bevolking gebriek word. Iets klink nie reg nie.
Daar gaan baie meer mense hospitaal toe vir ander ernstige siektes. Hoeveel mense het tans kanker, vigs, tb, hart aandoenings ens maar o wee alles en almal word gebriek weens ” covid”!!!!!!
Gee bietjie getalle volgens ras dat ons kan sien waar en by wie lê die probleem, GROOT SEBLIEF

Dirk Mostert ·

As hersteldes en sterftes van die totale gevalle afgetrek word, is daar 57,346 “aktiewe” gevalle, waarvan minstens 20% (>50% van nuwe gevalle) asimptomaties is. Dws minder as 50,000, nie almal ernstig siek nie, hoef behandel te word.

Heinrich ·

In ‘n land waar >75% van die bevolking aan ‘n sekere ras behoort sal getalle natuurlik hoër wees in daai spesifieke ras. Covid sien nie ras raak nie, so in ons analise van die pandemie, (en ook talle ander gebiede) glo ek dat onderskeid tussen rasse van geen belang sal wees nie.

annie ·

45 000+toetse dus sedert gister se verslag. Hoe oud is vandag se syfer? Dis ‘n moewiese klomp en waar is die flukse labs? Of is dit skattings? Daar moet negatiewe uitslae ook wees of nie? Wie hanteer hierdie toetse soos die vervoer na labs? Hoeveel mense werk daar dag en nag sonder ophou of kla en dìt in SA?

Dirk Mostert ·

Die tempo van toetsing styg ook skerp, wat die toename in infeksies verhoog. Te oordeel aan laasweek se toetse op die krieketspanne is resultate nou binne 24 uur.

Dirk Mostert ·

Die Burger berig gister dat volgens Mkhize die meeste nuwe gevalle onder die groep 15-19 jaar val en dat DIE GROEP MEESTAL ASIMPTOMATIES IS. Dws hulle maker niks en hoef nie hospital toe te gaan nie. Massa-toetsing in Wuhan, China, na die uitbreek daar verby was, het 300 asimptomatiese gevalle geidentifiseer. Duisende wat met hulle in aanraking was is ook getoets en was almal negatief. Dus is asimptomatiese gevalle nie aansteeklik nie. Die WGO het dit ook maande gelede op TV erken.

Piet ·

“Dus is asimptomatiese gevalle nie aansteeklik nie”… ONWAAR. Dit is steeds aansteeklik maar in ‘n mindere mate.

Johan ·

Wat is dit per kapita in daardie gebiede? Die stats is niks werd nie. Landswyd 0.02%? En vir hoeveel mense is dit dodelik? Minder as 0.000001% dalk? Dis n hoaks.

Heinrich ·

Indien een van u familielede in die 0.000001% van dodelike gevalle val, val die “hoax” argument natuurlik vinnig plat.

Jakez ·

Stem saam Heinrich, ek het ook soos Johan geredeneer totdat my skoonma en 2 kollegas oorlede is weens die virus…

Francois Le Cochon ·

Het ook 2 famile lede (65 en 69) wat geglo het covid is ‘n “hoax”. Hulle is na ‘n 50ste in Simonstad gewees ondanks ons familie se waarskuwing. Hul altwee en nog 12 ander, waaronder die “birthday boy” en sy 78 jarige pa, het covid opgedoen op die partytjie. Almal was ernstig siek, maar het herstel, behalwe die 78 jarige pa. Hy was 3 weke in die icu, en het letterlik stadig versmoor. Nodeloos om te se^ dat die betrokke familie lede nou die erns van die pandemie besef.

Kobus ·

Ek dink nie van jul besef hoe aansteeklik die virus is nie. Dit het minder as n jaar terug begin met 1 persoon, vandag is daar 70 mil en 1.69 mil sterftes. Ja nie almal gaan dood nie, maar die getalle is eksponensieel en nog lank nie die einde nie. SA het minder as 9% van die bevolking getoets. Die positieve getalle van toetse is tans sowat 17%. Kom ek vergelyk dit so, ek gee vir jou n boks van 100 smarties. 17 van die smarties gaan jou “smarties-siekte” gee, 10 gaan jou meer/baie siek maak,2/ 3 gaan jou doodmaak. Jou familie, kollegas,vriende bestaan uit 100 mense, jy kom dalk niks oor nie, maar jy gee die smartiesiekte vir hulle en hulle gee dit vir 100 ander. Nou het jy 10000 mense met smartiesiekte. Dis niks, net 2/3% gaan dood, wel dit is nou 200/300 lewens. Gaan jy steeds smul aan die smarties wetende dat dit die gevolge kan wees? Die boodskap is wees versigtig, gebruik common sense, gee om vir mense, hou op om vir almal te vertel dit is net nonsens. Dit gaan nie net oor jou nie

Francois Le Cochon ·

Ek verstaan nie die “af duimpie” nie. Kobus se verduideliking is baie logies en eenvoudig uiteen gesit. Hoe moet ‘n mens dit dan nounog verduidelik. Ek dink diegene wat glo die pandemie bestaan nie, is ook diegene wat glo dat die drink van alkaliese poeiers jou liggaam akalies maak, en dat daar iets soos “de-tox” dieete bestaan.

Johan ·

Vir een…is dit nie so aansteeklik nie, mense bly in dieselfde huis en slegs een kry dit, hoe is dit dan so aansteeklik? Ek kan my so verkyk aan mense met die ou maskertjies in hul karre of in n parkie, jy kan dit nie van die plante kry nie…

koos10 ·

Kobus, ek stem saam met jou, maar baie, ek inkluis, bevraagteken die korrekheid van die getalle. Ek het al klomp keer gevra en moet weer vra: Hoe word die tweede en derde van die toetse op positiewe mense getel? As ‘n “nuwe” geval?
Ja, al is die getalle reg, het ons regering al BAIE bewys dat hulle nie vertrou kan word nie, en daarom word dit bevraagteken.

Piet ·

Die probleem met die “deniers” is dat hulle net vaskyk teen die tans “redelike lae” sterfpersentasie. Dis gevaarlik want ons weet steeds nie wat die nagevolge van die virus oorhou selfs nadat jy herstel het nie. Sommige voorlopige studies dui aan dat jou organe permanent aangetas kan word wat natuurlik gesondheidsprobleme vir die toekoms inhou.

Anoniem ·

Piet, my suster het Covid 19 opgedoen en sy kan nog steeds nie ruik of proe nie. Ek weet van nog n geval waar die persoon se hart aangetas is en ook afhanklik is van suurstof wanneer sy gaan slaap.

Piet ·

Nou ja Irma, daar het ons nou sommer twee gevalle. Ek hoop diegene wat reken die virus is sommer ‘n lastige ou griepie wat oorwaai, lees wat jy hier geskryf het.

Johan ·

Gaan oefen met n griep. Jy sit verseker met permanente hartskade daarna.

Miskruier ·

In limpopo sterf daar gemiddeld 5 in motorongelukke oor n naweek.

Adriaan ·

Om mense vir Covid-19 te toets is dieselfde as om te toets of hulle die afgelope maand brood ge-eet het. Hoe meer jy toets, hoe meer “positiewe gevalle” gaan jy kry.

Alexander ·

Hierdie syfers kan nie vertrou word nie, buitendien het daar verlede jaar meer mense gesterf weens griepverwante siektes as weens COVID-19 hierdie jaar. Hierdie hele inperking is heeltemal uit verband geruk.

Adam Adriaan ·

Hierdie is ‘n georgestreerde storie gedryf deur die NWO. Dit is oor en oor bewys, maar die linksgesinde liberale sosialistiese gepeupel, met die media wat hulle dryf; wil chaos skep in die wêreld. Vroeër het hulle oorloë gebruik om die selfde resultate te bereik.. 90 % van die gewone sterftes word aangedui op dood sertifikate dat die oorsaak COVID -19 is. Kry al die feite bymekaar, Tot mense wat in motor ongelukke gesterf het. Feite en bewyse is beskikbaa. Die media is die hoof drywers van die leuens.
Medie huise wyer om enige van die bewerings openbaar te maak, want dan is hulle nie deel van die gepeupel nie. Wyer om die waarhied te openbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.