Covid-19-statistieke: Gevalle in Oos- en Wes-Kaap styg verder

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdag die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Tot dusver is 37 525 gevalle reeds in die land aangemeld. Dit is ʼn toename van 1 713 sedert Dinsdag.

Volgens die departement van gesondheid is 78% van al die positiewe gevalle in die Oos- en Wes-Kaap aangemeld.

Nog 37 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal op 792 te staan bring. Altesaam 29 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur sewe in die Oos-Kaap en een in KwaZulu-Natal.

Tot dusver het 19 682 mense van die virus herstel.

Meer as 24 445 toetse uit 785 979 is in die afgelope 24-uursiklus gedoen.

Provinsiale statistieke:

Wes-Kaap: 24 657
Oos-Kaap: 4 526
Gauteng: 4 567
KwaZulu-Natal: 2 707
Vrystaat: 319
Noordwes: 314
Limpopo: 200
Mpumalanga: 137
Noord-Kaap: 93
Onbekend: 5

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Estelle ·

Dir Noord – kaap se getalle moet verkeerd wees. Daar kan niks goeds uit die Noord kaap kom nie, dorpies soos Kuruman en Postmasburg is absoluut smerig!!! Daar word seker glad nie getoets nie.

Annelize ·

Waar is my potjie sout? Hierdie syfers neem ek maar met die nodige lepel sout, ‘n knippie sout werk lankal nie meer nie.

Janus en Alet ·

Ons geniet Maroela nuus verskriklik baie en dis ons ware nuusbron. Ek is egter teleurgestel dat julle op die “band wagon” van die Covid-19 pandemie. Dis goed dat julle daaroor berig MAAR wat van ak due getalle van mense wat daagliks aan ander oorsake dood is? Bv. gewone griep, “TB”, moord, asma, hartsiektes, motorongelukke, kanker, “vigs”, selfmoord, ens. Is dit moontlik om daagliks hierdie statistiek saam met die Covid-sterfgevalle te rapporteer asb? Baie danki vir julle andersins akkurate weergawes van gebeure wat ons rêrig kan vertrou. Hierdie is dus nie kritiek nie maar ‘n versugting van baie mense! Ons moet die HELE GROOT prentjie kan sien.

Simoné ·

Ek stem saam, ons moet ALLES kan sien. Dit sal baie interresant wees

Anoniem ·

Dit wil vir my voorkom asof almal so deur die Covid 19 virus gebreinspoel is dat die ander siektes nie meer in aanmerking geneem word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.