Meer as 4000 nuwe Covid-19 gevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak. Hiervolgens het 70 038 Suid-Afrikaners reeds positief getoets vir die virus, waarvan 4302 in die afgelope 24 uur positief getoets is. Dit is die meeste gevalle wat nóg in 24 uur aangeteken is.
Altesaam 1 121 958 toetse is reeds gedoen waarvan 34 071 toetse die afgelope 24 uur gedoen is.
Nog 57 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld: 42 in die Wes-Kaap, 10 in die Oos-Kaap en vyf in KwaZulu-Natal. Dit bring die dodetal op 1 480 te staan met ʼn sterftekoers van 2,1%.
Minstens 38 531 persone het reeds herstel – dit verteenwoordig ʼn herstelkoers van 55%.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 10027 | 14,3 |
Vrystaat | 495 | 0,7 |
Gauteng | 11164 | 15,9 |
KwaZulu-Natla | 3874 | 5,5 |
Limpopo | 326 | 0,5 |
Mpumalanga | 297 | 0,4 |
Noordwes | 1097 | 1,6 |
Noord-Kaap | 156 | 0,2 |
Wes-Kaap | 42539 | 60,7 |
Onbekend | 63 | 0,1 |
Totaal | 70038 | 100 |
Sterftes en herstel:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 227 | 5244 |
Vrystaat | 9 | 222 |
Gauteng | 81 | 3207 |
KwaZulu-Natal | 69 | 1810 |
Limnpopo | 4 | 185 |
Mpumalanga | 1 | 132 |
Noordwes | 5 | 152 |
Noord-Kaap | 1 | 52 |
Wes-Kaap | 1083 | 27527 |
Totaal | 1480 | 38531 |
Ouderdomme:
Ouderdom | Sterfte | Persentasie |
0-9 | 3 | 0,2 |
10-19 | 4 | 0,3 |
20-29 | 21 | 1,4 |
30-39 | 90 | 6,1 |
40-49 | 188 | 12,7 |
50-59 | 359 | 24,3 |
60-69 | 404 | 27,3 |
70-79 | 255 | 17,2 |
80-89 | 117 | 7,9 |
90-99 | 31 | 2,1 |
Onbekend | 8 | 0,5 |
Totaal | 1480 | 100 |
Geslag:
Manlik (%) | Vroulik (%) | Onbekend | Totaal |
757 (51,2) | 721 (48,7) | 2 (0,1) | 1480 |
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Nie eerns die moeite werd om enige kommentaar te lewer nie. What-Ever!!!!!
Hoe kan die geslag van iemand “onbekend” wees as hy/sy {dit} gesertifiseer word as dood aan die virus?
Die R16,000 wat privaat-hospitale per Covid-19 pasient/dag van die staat verdien, kan die statistieke ‘n hupstoot gee, soos in die VSA en elders. Verwag ‘n eskalasie noudat die winter met sy verkoues en griep begin het.
Dit is darem lekker om speletjies met jou self te speel as almal nie van jou maniere hou nie. Hou op om toetse te doen dan sal al hierdie gemors ophou en die volk kan voortgaan met hulle lewe.