Suid-Afrika het sedert Sondag 3 225 nuwe Covid-19-gevalle en 88 sterftes aangemeld. Volgens statistieke wat Maandagaand vrygestel is, het Suid-Afrika tot dusver 73 533 Covid-19-gevalle en 1 568 sterftes aangemeld.
Amper die helfte van alle nuwe gevalle (1 604) en die meeste sterftes (73) is in die Wes-Kaap aangemeld. Die Oos-Kaap het 570 nuwe gevalle en nege nuwe sterftes aangemeld en Gauteng het 1 029 nuwe gevalle en ses sterftes sedert Sondag aangemeld. Die Noord-Kaap en Mpumalanga het elk steeds net een sterfgeval tot dusver aangemeld. Meer as die helfte (39 867) van mense landwyd wat met Covid-19 gediagnoseer is, het ook reeds herstel.
Só lyk die gevalle per provinsie:
Provinsie | Gevalle | Sterftes |
Oos-Kaap | 10 597 | 236 |
Vrystaat | 512 | 9 |
Gauteng | 12 193 | 87 |
KwaZulu-Natal | 3 959 | 69 |
Limpopo | 362 | 4 |
Mpumalanga | 322 | 1 |
Noordwes | 1 177 | 5 |
Noord-Kaap | 205 | 1 |
Wes-Kaap | 44 143 | 1 156 |
Onbekend | 63 | 0 |
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
29 Kommentare
As dit so gaan aanhou, sal ons nie gou vlak 2 of 1 weer beleef in hierdie jaar nie. Dis reeds n ramp in SA, maar dan groei die omvang tot iets erger
Sal graag ń meer uitgebreide prentjie wil sien. Hieveel is in die wesrand en oosrand. Byvoorbeeld waar lê die meeste gevalle in Gauteng ń mens hoor net stories. Dan hoor jy die meeste gevalle is in Sandton dan in Diepsloot of dan in die of daai plek, so ń mens weet nie werklik.
Al die mense wat gesterf het was seker rokers
Is daar nog mense oor in wes en soos Kaap……
mens kan nie eens hierdie syfers vertrou nie….