Covid-19-statistieke: Gevalle styg skerp in dié provinsie

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak. (Foto: pixabay)

Dit blyk uit dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se jongste bywerking van die koronavirussyfers dat Gauteng die skerpste toename in positiewe gevalle gehad het.

Altesaam 2 992 nuwe gevalle is teen Woensdag in dié provinsie aangeteken wat die infeksiesyfer op 462 903 te staan bring – die hoogste van al nege provinsies. Luidens die statistieke is 54 sterftes weens Covid-19 hiér aangemeld.

Suid-Afrika se kumulatiewe gevalle staan nou op 1 675 013 en 56 711 sterftes. Altesaam 5 782 nuwe gevalle is landwyd aangeteken.

Mkhize sê voorts meer as 1 117 569 mense was teen middernag reeds teen Covid-19 ingeënt. Byna 479 768 mense is ingevolge die Sisonke-program ingeënt, terwyl diegene wat die eerste Pfizer-entstof ontvang het nou op 637 569 staan. Meer as 70 000 inentings is Woensdag toegedien.

Mkhize het opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaanse burgers gedoen om versigtig te wees en Covid-19-maatreëls na te kom – selfs diegene wat reeds die entstof ontvang het.

Altesaam 1 565 684 mense het van Covid-19 herstel, wat die herstelkoers op 93,5% te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Geen gevalle in Limpopo en Mpumalanga nie?! Darem te goed om waar te wees.

annie

Mkize wil nou die aandag aflei van sy dwaashede in die hoop dat hy oorgesien sal word. Die minister se kop het te groot geword. Dit sal moet rol. Daar is baie uiters bekwame en aantreklike dokters in die land wat voor ‘n kamera kan staan sonder ‘n entourage van beeldpoetsers. Mkize het die mediese beroep verlaat om die politiek te betree nou boer hy in hospitale om sy politieke loopbaan te bevorder.

henndrik

Ek reken die totale nuwe gevalle is eenvoudig nie korrek nie

Jakes

Kan n mens Mkhize glo? Ek twyfel.

Leonora

Waaat? 54 sterfte gevalle sedert Covid 19 aangemeld is in Gauteng??? Asseblief moenie ons as dom uitmaak nie.