Covid-19-statistieke: Heelwat minder nuwe gevalle

Minstens 2 238 388 mense het al van die virus herstel. (Argieffoto: Unsplash)

Die aantal nuwe Covid-19-gevalle wat Maandag aangeteken is, is heelwat minder vergeleke met die vorige twee dae.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het 5 575 nuwe gevalle aangeteken teenoor die 8 791 en 12 528 gevalle wat onderskeidelik Sondag en Saterdag aangemeld is.

Dit is ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (11 256).

Die afname verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 21,9%.

Daar is tans 150 933 aktiewe gevalle in Suid-Afrika, wat die algehele getal bevestigde laboratoriumgevalle op 2 461 758 te staan bring.

Die algehele sterftesyfers is nou 72 437 nadat nóg 246 sterftes aangemeld is.

Minstens 2 238 388 mense het al van die virus herstel.

Nog 415 mense is in die hospitaal opgeneem en word tans vir die koronavirus behandel. Daar is in dié stadium altesaam 15 710 mense weens Covid-19 in die hospitaal.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (32%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (19%), KwaZulu-Natal (18%), Oos-Kaap (8%), Noord-Kaap (6%), Mpumalanga (7%), Vrystaat en Noordwes (4% elk) en Limpopo (3%).

Só lyk die nuwe syfers per provinsie:

Oos-Kaap: 437

Vrystaat: 215

Gauteng: 1 047

KwaZulu-Natal: 981

Limpopo: 168

Mpumalanga: 375

Noordwes: 239

Noord-Kaap: 340

Wes-Kaap: 1 773

Totaal: 5 575

Altesaam 187 855 mense is sedert die vorige verslag teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.