Altesame 11 182 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig en tot dusver het 2 206 781 mense positief vir Covid-19 getoets.
Tot dusver het 1 943 513 mense reeds herstel.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste bywerking van koronavirussyfers nog 220 nuwe Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer weens die virus op 64 509 te staan.
Altesame 35 623 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en in hierdie stadium is 31,4% van alle toetse positief vir die virus.
Die helfte van alle nuwe gevalle is in Gauteng (50%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%), KwaZulu-Natal en Limpopo (9% elk), Mpumalanga (8%), Noordwes (5%), die Oos-Kaap (4%), Vrystaat (2%) en die Noord-Kaap (1%).
Die Nios sê die algehele getal gevalle gister (11 192) is laer as ʼn dag tevore (16 302) én laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (18 768).
Die sewe dag bewegende gemiddelde daaglikse getal het ook afgeneem.
Nationally, South Africa???????? has crested the peak of #3rdWave of #COVID19, primarily driven by Gauteng having surpassed its peak ????
However, we may experience a longer tail-end or even a potential upturn or spike in infections should current events turn into superspreader events ⚠️ pic.twitter.com/eXr6H9lZ12— Ridhwaan Suliman (@rid1tweets) July 12, 2021
Maandag, te midde van geweld wat oor talle dele van veral Gauteng en KwaZulu-Natal geheers het, is 146 577 mense landwyd teen Covid-19 ingeënt.
Pres. Cyril Ramaphosa het gisteraand in ʼn toespraak oor die geweld gesê daar is ʼn gevaar dat die land se inentingsprogram in sommige gebiede ontwrig kan word, terwyl Suid-Afrika juis nou nodig het om dit uit te brei.
“Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie.
“Ons entstofprogram is ernstig ontwrig net toe dit momentum begin kry het. Dit gaan ʼn blywende uitwerking op ons vermoë hê om die huidige vordering in ons ekonomiese herstel te verstewig,” het die president gesê.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
In KZN is dit nul want daar word nie getel nie
Niemand staan nou in rye om te toets nie. Hulle hardloop in die strate rond om te plunder.
Wag maar en sien, hierdie onrus gaan n super-sikloon van CVD19 versprei.
Kyk maar 2 weke plus vorentoe… Die spul wat so plunder en opstandig is sonder hul maskers gaan mekaar aansteek – onthou elke 3rde na 4de mens in SA dra die variant Delta saam… En dan wil hul hospitale hê wat seker weer afgebrand sal word want hul te vol om hul op te neem! Kyk maar dink ekke.
gee kans tot oor so 2 weke dan sal ons sien wat die getalle is, as julle kan tel