Covid-19-statistieke: Helfte van nuwe gevalle in Gauteng

(Argieffoto: Unsplash)

Minstens 2 925 939 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen nadat nog 262 nuwe virusgevalle sedert die vorige verslag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 1,1%.

Dié getal is laer as die aantal nuwe getalle ʼn dag tevore (306), en laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die afgelope sewe dae (283).

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 16 767 aktiewe virusgevalle in die land.

Byna die helfte van alle nuwe gevalle is Sondag in Gauteng (48%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (15%), die Wes-Kaap (11%), die Vrystaat (8%), Noord-kaap (6%), Oos-Kaap (4%), Mpumalanga en Noordwes (3% elk) en Limpopo (1%).

ProvinsieAantal nuwe gevalle
Oos-Kaap11
Vrystaat20
Gauteng126
KwaZulu-Natal39
Limpopo3
Mpumalanga8
Noordwes8
Noord-Kaap17
Wes-Kaap30
Totaal262

 

Nog agt Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die totale getal sterftes op 89 484 te staan bring.

Altesame 3 608 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg agt mense sedert die vorige verslag opgeneem is.

Minstens 2 819 688 mense in Suid-Afrika het reeds van Covid-19 herstel.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 37 267 dosisse van die entstof Sondag toegedien – heelwat minder as die vorige dag (77 223).

* Volgens Nios is dit moontlik dat daar ʼn teenstrydigheid kan wees in die getal gevalle en persone wat in die Wes-Kaap herstel het, omdat dié provinsie se syfers tans gevalle insluit waar mense weer die virus opgedoen het en gevalle wat deur antigeentoetse bevestig is. Dit word nie by die nasionale statistieke ingesluit nie. Die getal gevalle van persone wat in die Wes-Kaap herstel het, bly dus staties op die nasionale verslae. Nios werk saam met die provinsiale departement van gesondheid om dié teenstrydighede op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anel ·

Het ek iewers iets gemis of is die ramptoestand nou verby? Daar is in elke geval meer mense die naweek vermoor en in ongelukke dood as aan die gogga. Of wag die kopdoek nou weer tot 20:00 om haar bevinding te verleng?

Francois Le Cochon ·

Anel, jy het beslis iewers iets gemis. Dinge sal eers verby wees indien daar geen nuwe covid gevalle binne n 14 dae tydperk voorkom nie.

Francois Le Cochon ·

Niocolaas, at last, Jy het die lig gesien. Daar is dodelike virusse waarvan sommige al 200 jaar met ons is, Covid gaan dieselfde wees, net soos Vigs, Ebola, Pokke, Hanta, Dengue, Rota en Mers.

Nicolaas ·

Dis net ‘n rampe vir die korruptes en natuurlik die banges

Samuel ·

Het Kopdoek vergeet om die ramptoestand te verleng??

Is al die statistieke nie in elkgeval verkeerd nie? Word dit nie ook bestuur soos die volgende vlaag wat SA binnekort gaan tref nie?

Francois Le Cochon ·

Samuel, volgens jou verklarende vrae wil jy nie regtig antwoorde he^ nie, ne.

Hendrik ·

Kan ons dalk weet uit watter gebied in Gauteng? Ek weet bv Silwer Lakes, Equestria en Mamelodi se statistieke is saam. Uit watter gebied kom die nuwe gevalle: Silwer Lakes, Equestria of Mamelodi. Gee ons nuttige inligting en hou op om ons in die donker(onsekerheid) te hou.

Klein Karoo Loper ·

Dis belaglik om die statistieke deur te gee. Dis onakuraat.

Francois Le Cochon ·

Vigs, Ebola, Marburg, Pokke, Hanta, Dengue, Rota en Mers virusse is ook al afgesaag, en nogsteeds sterf mense daaraan.

Andre ·

Toevallig hoeveel se bekendstellung so saam met VSA verkiesings plaasgevind het.

Francois Le Cochon ·

Nicolaas, en neem aan jou ouers was ook bevrees jy kry polio, pokkie, masels, TB ens, toe laat hulle jou as kind inent daarteen, of nie. Baie mense vrees nogsteeds hierdie virusse, en laat hul kinders nogsteeds daarvoor inent. As jy kinders het, neem ek aan hulle is nie ingeent teen al hierdie virusse waarvoor ons liggame nie immunuteit het nie. Wel dit is dan wat ek noem hartseer!

Andre ·

Francois, die vorige eksperimentele spuit was thalidomiede. Dit is hartseer as mense hul kinders aan sulke eksperimente laat deel neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.