Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 898 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 6,3% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 681 437 te staan.
Nog 18 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 2 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 99 517 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.
Minstens 23 196 880 toetse is reeds gedoen.
Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (37%), gevolg deur die Wes-Kaap (22%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 17%, die Vrystaat en Mpumalanga 6% elk, Limpopo en Noordwes elk 4%, die Oos-Kaap 3% en die Noord-Kaap 1%.
Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 60 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 587 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.
Altesaam 3 557 369 persone (96,6%) het reeds herstel.
Altesaam 31 989 917 dosisse entstof is reeds toegedien.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Nuwe gevalle | Gevalle |
---|---|---|
Oos-Kaap | 60 | 343689 |
Vrystaat | 111 | 201050 |
Gauteng | 707 | 1195572 |
KwaZulu-Natal | 327 | 653402 |
Limpopo | 68 | 154805 |
Mpumalanga | 108 | 191715 |
Noordwes | 72 | 191277 |
Noord-Kaap | 24 | 108420 |
Wes-Kaap | 421 | 641507 |
Totaal | 1898 | 3681437 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle | Totale gevalle |
---|---|---|---|---|
Oos-Kaap | 16496 | 326568 | 625 | 343689 |
Vrystaat | 7587 | 191314 | 2149 | 201050 |
Gauteng | 20584 | 1168663 | 6325 | 1195572 |
KwaZulu-Natal | 16005 | 631839 | 5558 | 653402 |
Limpopo | 4538 | 149972 | 295 | 154805 |
Mpumalanga | 4687 | 185889 | 1139 | 191715 |
Noordwes | 4699 | 185390 | 1188 | 191277 |
Noord-Kaap | 3212 | 98827 | 6381 | 108420 |
Wes-Kaap | 21709 | 618907 | 891 | 641507 |
Totaal | 99517 | 3557369 | 24551 | 3681437 |