Covid-19-statistieke: Herstelkoers byna by 90%

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesaam 661 936 bevestigde gevalle van Covid-19 en altesaam 725 nuwe gevalle is aangemeld, het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, Maandagaand gesê.

Altesaam 591 208 mense het reeds van die virus herstel en die herstelkoers staan in hierdie stadium op 89,3%.

Nog 39 sterftes is bevestig. Hiervan is nege in die Oos-Kaap, een in KwaZulu-Natal, nege in Gauteng, 16 in Noordwes en vier in die Wes-Kaap.

Altesaam 6 180 Covid-19-toetse is in die voorafgaande 24 uur gedoen.

Die meeste aktiewe gevalle is in hierdie stadium in Gauteng (20 017) en die Vrystaat (14 360).

Vlak 1 van die afsonderingsmaatreëls het Maandag in werking getree en Mkhize het Suid-Afrikaners gemaan om nie hul waaksaamheid te verslap nie. Volgens die minister beteken vlak 1 nié dat die pandemie nou agter die rug is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.