Covid-19-statistieke: Herstelkoers effens hoër

(Grafika: pixabay)

Nog 1 622 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die algehele getal gevalle het teen Sondagaand op 715 868 gestaan.

Altesaam 646 170 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn herstelkoers van 90,3%.

Nog 24 Covid-19-sterftes is ook bevestig, waarvan vyf oor die afgelope 48 uur plaasgevind het. Tot dusver het 18 968 mense reeds aan die virussiekte gesterf.

Só lyk gevalle per provinsie:

Oos-Kaap:           93 986

Vrystaat:             55 615

Gauteng:             227 193

KwaZulu-Natal:  122 263

Limpopo:            17 215

Mpumalanga:    29 333

Noordwes:         32 738

Noord-Kaap:      21 375

Wes-Kaap:          116 150

Totaal:                 715 868

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Drikus

Belaglike statistiek, net die mense met simptome word getoets, met ander woorde die mense wat nie simptome het nie, maar wel die virus het word nie bygetel nie. Dit is niksseggende statistiek.