Covid-19-statistieke: Herstelkoers net minder as 97%

(Foto: EMMANUEL CROSET/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 287 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 5,0% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 703 329 te staan.

Nog 11 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 3 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 99 879 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 23 569 125 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (37%), gevolg deur die Wes-Kaap (25%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 21% en Noordwes 5%. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga verteenwoordig elk 3% en die Noord-Kaap 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 14 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 017 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 588 264 persone (96,9%) het reeds herstel.

Altesaam 33 008 136 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap34344479
Vrystaat45201924
Gauteng4701203388
KwaZulu-Natal270657275
Limpopo33155501
Mpumalanga39192742
Noordwes62192392
Noord-Kaap15108749
Wes-Kaap319646879
Totaal12873703329

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap16576327391521344479
Vrystaat76231929951306201924
Gauteng20608117795648241203388
KwaZulu-Natal160336377993443657275
Limpopo4574150743184155501
Mpumalanga4705187460577192742
Noordwes47111866711010192392
Noord-Kaap32151029012633108749
Wes-Kaap21843624348688646879
Totaal99879*3588264151863703329

 *Getal soos verskaf deur Nios en die departement van gesondheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.