Covid-19-statistieke: Herstelkoers nou 95%

(Argieffoto: pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 528 414 gevalle is tot dusver bevestig. Altesaam 9 426 589 toetse is reeds afgehandel waarvan 32 862 toetse sedert die vorige verslag.

Nog 82 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 9 in die Vrystaat, 7 in Gauteng, 9 in KwaZulu-Natal, 3 in Mpumalanga, 42 in Noordwes, 11 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 51 261 te staan.

Minstens 1 452 988 persone (95%) het reeds herstel.

Altesaam 145 544 gesondheidsorgwerkers is reeds deur die Sisonke-protokol ingeënt.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19431412.7
Vrystaat813275.3
Gauteng40892126.8
KwaZulu-Natal33168721.7
Limpopo626504.1
Mpumalanga728184.8
Noordwes620794.1
Noord-Kaap347182.3
Wes-Kaap27990018.3
Totaal1528414100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11322182714278
Vrystaat3466752432618
Gauteng99993960942828
KwaZulu-Natal98123151856690
Limpopo194860025677
Mpumalanga1294703741150
Noordwes1291579372851
Noord-Kaap781320181919
Wes-Kaap113482633985154
Totaal51261145298824165

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.