Covid-19-statistieke: Herstelkoers nou op 91%

Nuwe Covid-19-gevalle is stadigaan besig om te daal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19 het teen Dinsdagaand op 91,2% gestaan.

Die nasionale gesondheidsdepartement sê nog 7 733 nuwe gevalle is bevestig, wat die algehele syfer op 2 391 223 te staan bring. Hiervan het 2 180 494 mense reeds herstel.

Daar is tans 140 341 aktiewe gevalle landwyd, terwyl die positiwiteitskoers nou op 21,2% staan.

Die sterftesyfer staan op 70 388 nadat nog 370 bykomende Covid-19-sterftes bevestig is.

Meer as 14,6 miljoen toetse vir Covid-19 is reeds in Suid-Afrika gedoen, waarvan meer as 36 000 sedert die vorige verslag.

Gauteng het steeds die meeste nuwe gevalle (30%). Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap (20%), KwaZulu-Natal (16%), die Oos-Kaap (10%), Noordwes (7%), Limpopo (6%), Mpumalanga en die Vrystaat (5% elk), terwyl die Noord-Kaap (1%) steeds die minste gevalle het.

Die nuwe gevalle wat Dinsdag (7 773) bevestig is, is meer as die vorige dag se syfers (5 683) en laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (11 435). Die sewedaggemiddeld het ook verminder.

Nog 650 mense is in hospitale opgeneem.

  • Private hospitale: 8 682
  • Staatshospitale: 7 759
  • Totaal: 16 441

Altesame 225 808 mense is in die voorafgaande 24 uur teen Covid-19 ingeënt. Dit bring die algehele syfer op 6 854 667 te staan.

Só lyk inentings per provinsie:

Oos-Kaap: 897 010

Vrystaat: 367 587

Gauteng: 1 659 741

KwaZulu-Natal: 1 309 822

Limpopo: 768 953

Mpumalanga: 338 195

Noordwes: 352 330

Noord-Kaap: 123 778

Wes-Kaap: 1 037 251

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Die algehele en herstelsyfers kan seker nie dieselfde wees nie?

Christel Cornelissen ·

Dagsê Annie
Baie dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig en het die fout reggestel.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Pampoen ·

‘n Baie bemoedigende verbetering – van iemand wat deur die meul gegaan het, hartseer en dankbaar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.