Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 62,5%

(Argieffoto:
Alexas_Fotos/Pixabay)

Suid-Afrika se bevestigde getal Covid-19-sterftes het teen Dinsdagaand op 7 257 gestaan nadat 190 nuwe gevalle bevestig is. Altesaam 11 sterftes is in die Oos-Kaap bevestig, 55 in Gauteng, 62 in KwaZulu-Natal, 49 in die Wes-Kaap en 13 in Noordwes.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê die land het tans ʼn herstelkoers van 62,5% nadat 287 313 mense reeds van die virus herstel het.

Volgens die minister het die land nou 459 761 bevestigde Covid-19-gevalle. Altesaam 7 232 nuwe gevalle is bevestig.

Suid-Afrika het volgens die Europese Sentrum vir Siektevoorkoming in hierdie stadium een van die laagste sterftekoerse weens Covid-19. Die sterftekoers is die verhouding tussen bevestigde sterftes en bevestigde gevalle van ʼn siekte. Tydens ʼn uitbreking van ʼn pandemie word die sterftekoers volgens die sentrum egter beskou as ʼn swak aanduiding van die sterfterisiko van die siekte.

Suid-Afrika se sterftekoers staan in hierdie stadium op 1,5%, in vergelyking met lande soos Rusland (1,6%), Indië (2,3%), die VSA (3,5%) en Brasilië (3,6%). Wêreldwyd staan die sterftekoers weens Covid-19 op 4,1%.

As daar wêreldwyd na sterftes gekyk word, is die meeste sterftes in Indië, Brasilië, die VSA en Mexiko.

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand meer as 2,8 miljoen toetse vir Covid-19 gedoen.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Die ANC komuniste weet nie wat in hulle lsnd aan gaan nie wat n sirkus

Piet ·

Die ANC is nie kommuniste nie, hulle is net die gewone ou korrupte lot paloekas wat mens in alle regerings in die wereld kry. Kommuniste dwing jou nie om aan ‘n privaat maatskappy tol geld te betaal op ‘n nasionale pad nie. Dis presies die teenoorgestelde wat ‘n kommunis doen. Hulle sal ook nie laat daar privatebankwese in die land wees, om nie eers te praat van die private reserwebank nie. 90% van ander lande se sentrale bank is genasionaliseer. Niks van die goed is kommunisties of selfs sosialisties nie.

Alet ·

Hoe word herstel syfer gemeet as toetse nie weer gedoen word nie? Hoe word infeksies gemeet as jy nie mag toets sonder simptome nie?

ooknetmens ·

Die berig is foutief. Suid Afrika is slegs 17de of die lys van sterftes en dus is ons nie in die toptien nie.

“As daar wêreldwyd na sterftes gekyk word, is die meeste sterftes in Indië, Brasilië, die VSA en Mexiko. Suid-Afrika is ook in die toptien wat die meeste sterftes betref.”

Megan Swart ·

Dagsê ooknetmens
Dankie vir jou kommentaar. Ons het die artikel gewysig om verwarring te voorkom.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Jaco ·

Hierdie “nuwe normaal” pla my. Is dít hoe dinge nou vir altyd/PERMANENT gaan lyk:
-almal moet maskers dra
-Strande gesluit
-Gimnasiums gesluit
Restaurante bankrot
-Gastehuise en vakansieoorde toe
-Skole half oop half toe
-Meeste interprovinsiale reise verbode
-Internasionale reis uiters beperk
-Sigarette en drank NOOIT meer te koop nie
Die bogenoemde toestand is seker reg vir ‘n paar maande of hoogstens ‘n jaar, MAAR ek kry al hoe meer die indruk dat dit is hoe die lewe van nou af vir ALTYD gaan lyk.
Ek weet party beperkings geld net in SA, maar lockdown het negatiewe gevolge in ander lande ook. So nou wonder ek maar net: is lockdown die nuwe normaal wêreldwyd vir altyd?

Kobus ·

Wonder net wat geword het van al daai toetse wat langs die pad opgetel was en dan die lot wat ge Hi-Jack was? is dit ook nog deel van die beweerde syfers? Dan is daar nog steeds 549 wat krities erens in hospitale is, die mense is nou al weke op die stats, is dit dan net nuwe gevalle wat dadelik tot sterwe kom?

Dirk Mostert ·

Herstelkoers+sterftekoers behoort gesamentlik 100% te wees. Die minister se somme is steeds oppie koffie. Vir perspektief, 6,000 sterftes is 0,01% van S.A. se bevolking van 60 miljoen. Met ‘n gemiddelde lewensverwagting van 60-65 jaar vir S.A. kan ‘n omset of totale sterftal van byna 1 miljoen per jaar verwag word. As net 10% van die bevolking gedurende die winter griep opdoen sal daar 6 miljoen griepgevalle wees. Daarteen kom Covid-infeksies sleg tweede. As Covid19 ‘n pandemie is, hoekom nie elke seisoen se griep nie? Hier en wereldwyd word ‘n politieke agenda bedryf onder die dekmantel van “pandemie”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.