Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 69%

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Altesaam 516 862 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19 nadat 5 377 nuwe gevalle van die koronavirus sedert die vorige 24-uur-siklus in dié land aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 173 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (37), die Oos-Kaap (20), KwaZulu-Natal (12), die Wes-Kaap (31), Noordwes (28) en Mpumalanga (45) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 8 539 te staan.

Volgens Mkhize het 358 037 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 69%.

Nog 21 916 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 058 695 toetse sedert die uitbreking van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 7897 0074
Vrystaat205101 149
Gauteng2 152126 784
KwaZulu-Natal88744 266
Limpopo905 524
Mpumalanga1238 674
Noordwes1098 872
Noord-Kaap362 381
Wes-Kaap3 14881 313
Totaal8 539358 037

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Delon ·

en in verwante nuus het nog twee mense gister verkoue gekry en oom jannie het hard gepoep
so what !!
is hierdie klug nou iets wat ons vir die volgende 20 jaar moet lees ?
covid is ou nuus , skryf oor iets wat werklik belangrik is
soos hoe die skelm sosialistiese regerings dit misbruik het om ons regte af te vat

Marius ·

As die syfers reg is , wat is die probleem om die land dan na vlak twee toe te neem van die inperking ?
Daar is duisende mense wat elke dag hulle werk verloor , maar die regering doen niks daadwerklik daaraan nie . Hulle is besig om die kind met badwater en al uit te gooi met hulle mag speletjies .

Andries ·

Wat Wou… vlak2. Beëindig die “Staat van Magsvergryp” onmiddelik!!!Lewer kommentaar…

Marius ·

Andries – dit sal eerste prys wees as alles op hegehef word , maar ons weet almal nou al wie is in beheer van die besluite . Hulle kan nie eers n taxi bestuur nie , nou wil hulle n land en sy mense kom bestuur .

Rentia ·

Wag net bietjie… Daagliks styg die hoeveelheid met tussen 5300 en 13500. Jy moet 10 dae verpligte
isolasie en en hê om te “herstel.” Herstelkoers styg egter daagliks? (wat goeie ding is…) Tog sluit ons die land en wêreld letterlik vir iets wat al ‘n 70% herstelkoers het? (en baie meer siektes is baie meer dodelik en word geen woord oor gerep nie!?)

Wie doen die somme hier? Zuma?

Jacques ·

Die ANC se globalistiese meesters doen die somme. Die ANC voer net die opdragte uit. Dis hoekom meeste lande die belaglike inperkings het.

tweeling ·

So hoe bepaal jy dit? Word elke persoon wat in kwaratyn was weer getoets, wat ek nie glo nie, julle aanvaar die persoon het herstel.

gehasie ·

Met ‘n herstel van 70% kan dit beswaarlik kwalifiseer as ‘n pandemie!!!

daniel ·

Dit klink soos die Sabc se weer. voorspelling , altyd verkeerd.

Jacques ·

Met 69% herstelkoers sou ek sê dat ons nou trop immuniteit opgebou het.

minniemuis ·

Vrystaat se herstel syfer is belaglik. woohoo n miracle. Daar is 23 099 gevalle aan gemeld maar 101 149 het herstel. Ek wens my bank state kan so aan gepas word.

daniel ·

Herstelkoers 69 persent? . Dit klink soos n wolhaarstorie, wie sal dit glo?

Kobus ·

@ Delon en gehasie, werklik ongevoelige kommentaar aan die duisende wat geliefdes verloor het en aan mense soos in Armand se artikel wat eerstehands ervaring het. Doen julself n guns en lees meer en praat met kenners oor die virus, julle onkunde en gebrek aan empatie is skokkend. Gaan kyk gerus na wat in N en S-Amerika aan die gebeur is, as julle nie die SA realiteit wil glo nie, kyk na die res van die wereld en noem dit weer n “klug” en gehasie as jy in jou wysheid dit nie as n pandemie beskou nie, vertel dit iets van jouself- hou liewer op om valse gerugte te versprei as jy nie weet waarvan jy praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.