Altesaam 566 109 mense in Suid-Afrika het reeds positief getoets vir Covid-19. Dít dui op ʼn toename van 2 511 nuwe gevalle in die afgelope siklus van 24 uur.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 130 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (35), die Oos-Kaap (20), KwaZulu-Natal (30), die Wes-Kaap (25) en Noordwes (20) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 10 751 te staan.
Volgens Mkhize het 426 125 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 75%.
Nog 11 483 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 278 977 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 2 286 | 77 550 |
Vrystaat | 414 | 13 478 |
Gauteng | 2 653 | 150 082 |
KwaZulu-Natal | 1 450 | 56 758 |
Limpopo | 127 | 8 207 |
Mpumalanga | 149 | 16 416 |
Noordwes | 150 | 12 245 |
Noord-Kaap | 68 | 3 391 |
Wes-Kaap | 3 454 | 87 998 |
Totaal | 10 751 | 426 125 |


Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Bla, bla, bla…….
Herstelkoers van 75% maar nogsteeds op vlak 3 en geen tabak of drank oop nie ??? Die regering het n ander agenda met die inperking as wat ons dink .
Inperking is een groot klug, finish en klaar, een goeie ding daarvan is dit het bewys dat die regering nie bevoeg is om so iets dergliks te bestuur nie.
Wel enige een wat die voos vrot korrupte anc regering glo – veral die syfer van die covid-19 in hierdie land – is maar goed gelowig…. alle syfers kan 3 keer gemaal word met wat deurgegee word en dan is daar ook wêreldwyd (waarvan ek persoonlik bewus is) mense wat na plus/minus 3 maande herstel van covid-19 weer ernstiger siek word maar dit word nie in die RZA nuus vrygestel nie…. wonner hoekom nie? DAN hoekom is daar so dringend grafte gegrawe en om tussen 2 tot 3 persone in een graf te sit? Ek wonner ernstig of die herstel… Lees meer »
Herstelkoers is ‘n verwarrende naam, en MM behoort dit nie so te gebruik nie. Die regering gebruik [mense herstel] / [alle gevalle sover aangemeld tot en met die dag van rapportering]. Dit is nie herstelkoers nie. Mense wat gister posetief getoets is gaan natuurlik nog nie kans gehad het om te herstel nie. Volgens hierdie metode was SA se “herstelkoers” tot middel Maart 0%, selfs al sou al die bekende gevalle wat daar toe was, op die ou end herstel. As jy Covid kry gaan een van 2 dinge gebeur, jy gaan herstel of sterf. Jou kans om te herstel… Lees meer »