Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 81,7%

(Argieffoto: SJ Objio/Unsplash.)

Suid-Afrika het in hierdie stadium 204 830 aktiewe Covid-19-gevalle en 13 973 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê tot dusver is 1 325 659 positiewe gevalle van die virus in Suid-Afrika bevestig. Hiervan het 1 083 978 mense reeds herstel.

Die meeste gevalle is in Gauteng, met 27% van gevalle, gevolg deur KwaZulu-Natal met 20,9% en die Wes-Kaap met 19,3% van gevalle.

Nog 384 sterftes is bevestig: 39 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 125 in KwaZulu-Natal, 26 in Limpopo, sewe in Mpumalanga, 12 in die Noord-Kaap en 95 in die Wes-Kaap.

ProvinsieSterftesAktiewe gevalle
Oos-Kaap9 4228 411
Vrystaat2 4499 719
Gauteng6 88747 598
KwaZulu-Natal6 27862 478
Limpopo7399 348
Mpumalanga7698 523
Noordwes75714 081
Noord-Kaap4904 333
Wes-Kaap9 06040 339
Totaal36 851204 830

Sowat 7,5 miljoen Covid-19-toetse is tot dusver gedoen, met 59 994 sedert die vorige verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Wanneer gaan dié Corona nonsens endkry? China het dan klaar gekry wat hulle gesoek het, naamlik om van Donald Trump ontslae te raak. So nou dat Trump uit is, kan Corona ook mos maar stop. As China dit so maklik kon laat begin, kan hulle dit mos maklik laat stop ook.

Alex

Wel hier is my voorstel en skiet my af oor dit. Ek voel vere. Dit is bewys Ivermax werk en sy soortgelyk. Dit kos letterlil R1 per 1ml en benodig 1ml per 50kg. Regering moet dit aankoop en dit is goedkoop en gee aan almal dit om een maal n week te dose vir 6 weke en dan kom die twak van die covid in die land ook tot n einde. Dit doen die rondte dat die regering geld maak uit elke geval en uit die dode as dit covid bewys is. Hoekom mense se lewens verruil vir geld van… Lees meer »

JJB

Die herstelkoers word verkeerd bereken en gerapporteer. Slegs gevalle waar daar reeds ‘n uitkoms was (genees of gesterf) moet in ag geneem word. Aktiewe gevalle het nog ‘n oop uitkoms en kan nie bydra tot ‘n sinvolle herstelkoers berekening nie. As mens dit so bereken is die herstelkoers in SA 96.7%.