Altesaam 1 346 936 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 9 010 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 344 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (66), Vrystaat (11), Gauteng (63), KwaZulu-Natal (91), Mpumalanga (12), Noord-Kaap (13) en die Wes-Kaap (88) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 37 449 te staan.
Volgens Mkhize het 1 117 452 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 83%.
Nog 39 901 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 7 653 371 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 9 510 | 172 623 | 5 038 |
Vrystaat | 2 473 | 58 065 | 10 353 |
Gauteng | 7 009 | 315 982 | 41 278 |
KwaZulu-Natal | 6 409 | 214 798 | 61 969 |
Limpopo | 739 | 39 761 | 7 658 |
Mpumalanga | 797 | 45 226 | 7 820 |
Noordwes | 783 | 37 293 | 13 471 |
Noord-Kaap | 509 | 24 655 | 4 593 |
Wes-Kaap | 9 220 | 209 049 | 39 855 |
Totaal | 37 449 | 1 117 452 | 192 035 |



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Ons is oor die piek, afname is duidelik. Maak die skole oop en verlig die inperkings
Bevraagteken nog steeds Gauteng en die Oos Kaap.
Wag tot die drankverbod weer open en skole. Dan kom die 3 de golf en 4de golf. Dit gaan nie gou einding nie. Ek is jammer maar dis die waarheid….
Hoe lank gaan die immuniteit hou wat die entstowwe verskaf? Ek het nog nie veel oor die aangeleentheid gehoor nie maar ‘n paar kenners reken ongeveer 2 jaar. Dis ook maar kort en ek wonder of hierdie nuwe variasies al in ag geneem is. Indien die entstof net ‘n paar maande effektief gaan wees (soos die jaarlikse griep inspuitings) moet ons maar net hoop nuwe variasies van die virus gaan nie meer dodelik raak nie. Ek wonder ook vir hoe lank ons nog maskers gaan dra, gaan dit die nuwe normaal bly vir jare? Mense gaan definitief GV raak daarvoor.
Ons is oud en is al maande lank by ‘n aftreeoord ingeperk. Ons is te bang om erens te gaan en wanneer ons wel moet uitgaan, is mens heeltyd bewus vd gevaar. Persoonlik dink ek nie die virus sal voor Junie gestuit kan word nie en dit sal laaaaank neem voordat dit regtig veilig is……indien ooit. Kry die werkende mense so jammer, hul behoort eerste ingespuit te word, nie ons oumense nie. Ons het tog nie meer enige nut in die sameleweing nie……gebruik net suurstof en baie geld om met medikasie aan die lewe te bly…..onthou, ek is een van… Lees meer »