Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 83%

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Altesaam 1 346 936 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 9 010 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 344 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (66), Vrystaat (11), Gauteng (63), KwaZulu-Natal (91), Mpumalanga (12), Noord-Kaap (13) en die Wes-Kaap (88) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 37 449 te staan.

Volgens Mkhize het 1 117 452 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 83%.

Nog 39 901 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 7 653 371 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap9 510172 6235 038
Vrystaat2 47358 06510 353
Gauteng7 009315 98241 278
KwaZulu-Natal6 409214 79861 969
Limpopo73939 7617 658
Mpumalanga79745 2267 820
Noordwes78337 29313 471
Noord-Kaap50924 6554 593
Wes-Kaap9 220209 04939 855
Totaal37 4491 117 452192 035

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Baardman ·

Ons is oor die piek, afname is duidelik. Maak die skole oop en verlig die inperkings

Peter Pan ·

Haha nee wat,.. Die piek is nog laaank nie verby nie hoor!

Peter Pan ·

Wag tot die drankverbod weer open en skole. Dan kom die 3 de golf en 4de golf. Dit gaan nie gou einding nie. Ek is jammer maar dis die waarheid….

Francois Le Cochon ·

Abraham, jy is doodreg. En het net gisteraand by ‘n narkotiseur van die Dep. van Gesondheid gehoor dat ‘n 3de golf voorspel word teen April Mei maand. Die probleem is dat as maatreels verslap word, dan gaan mense aan soos “gewoon” en dink dis die einde van die pandemie. Covid en die inperkings gaan nog jare met ons wees, al wil ons dit nie glo nie. Die Astra entstof wat in SA gebruik gaan word is ook net 75% effektief, in vergeleke met Pfizer en Moderna se 95%.

Peter Pan ·

Darm iemand wat saamstem! Ons gaan nog jaaaaaare sit met dit. Dit sal nie gou weg gaan nie. Daar is klaar tekens van nog weer ‘n nuwe variant virus wat oppad is. Aiii.. life will never be the same again

Piet ·

Hoe lank gaan die immuniteit hou wat die entstowwe verskaf? Ek het nog nie veel oor die aangeleentheid gehoor nie maar ‘n paar kenners reken ongeveer 2 jaar. Dis ook maar kort en ek wonder of hierdie nuwe variasies al in ag geneem is. Indien die entstof net ‘n paar maande effektief gaan wees (soos die jaarlikse griep inspuitings) moet ons maar net hoop nuwe variasies van die virus gaan nie meer dodelik raak nie. Ek wonder ook vir hoe lank ons nog maskers gaan dra, gaan dit die nuwe normaal bly vir jare? Mense gaan definitief GV raak daarvoor.

Die Wolf ·

My beskeie opinie gaan die entowwe die griep inspuiting vervang.

Ietsanders ·

Ons is oud en is al maande lank by ‘n aftreeoord ingeperk. Ons is te bang om erens te gaan en wanneer ons wel moet uitgaan, is mens heeltyd bewus vd gevaar. Persoonlik dink ek nie die virus sal voor Junie gestuit kan word nie en dit sal laaaaank neem voordat dit regtig veilig is……indien ooit. Kry die werkende mense so jammer, hul behoort eerste ingespuit te word, nie ons oumense nie. Ons het tog nie meer enige nut in die sameleweing nie……gebruik net suurstof en baie geld om met medikasie aan die lewe te bly…..onthou, ek is een van hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.