Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 85%

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19 staan in hierdie stadium op 85,7%, nadat 1 183 443 uit die altesaam 1 380 807  mense wat tot dusver die virus opgedoen het, reeds daarvan herstel het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand gesê nog 11 381 nuwe gevalle is bevestig.

Nog 647 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld. Hiervan was 139 sterftes in die Oos-Kaap, 17 in die Vrystaat, 93 in Gauteng, 154 in KwaZulu-Natal, 27 in Limpopo, 17 in Mpumalanga, 55 in Noordwes, agt in die Noord-Kaap en 137 in die Wes-Kaap.

Dit bring die land se algehele sterftesyfer weens die virus op 39 501 te staan.

Suid-Afrika het in hierdie stadium 157 863 aktiewe gevalle van die virus.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  44 790

Gauteng:             34 283

Wes-Kaap:          29 964

Noordwes:         14 588

Vrystaat:             9 390

Mpumalanga:    8 701

Limpopo:            7 334

Oos-Kaap:           4 436

Noord-Kaap:      4 377

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Tanniepetoors

As die herstelkoste dan nou skielik oor 85% is en gemiddelde sterftes aanhou daal (die wat wel korrek gerapporteer word), hoekom is ons land nog steeds op Vlak3 van ‘n ekonomies verwoestende inperking? Kan iemand daai vrou met die linnekas op haar kop gaan wakker maak asseblief?