Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 91,7%

(Argieffoto)

Suid-Afrika se herstelkoers van Covid-19 het teen Donderdagaand op 91,7% gestaan.

Altesaam 732 414 gevalle van die virus is bevestig en 671 579 mense het reeds herstel.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 1 866 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Nog 92 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Hiervan is 27 in die Oos-Kaap, sewe in Gauteng, 17 in die Vrystaat, vier in KwaZulu-Natal, een in Mpumalanga, 23 in Noordwes, agt in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap.

Dit bring die algehele sterftesyfer op 19 677 te staan

Mkhize sê uit die 92 nuwe sterftes wat aangemeld is, het 23 oor die afgelope 24-48 uur plaasgevind. Vier van dié sterftes was in die Vrystaat, nege in die Oos-Kaap, vyf in Gauteng, een in die Noord-Kaap en vier in die Wes-Kaap.

Uit die 23 942 nuwe toetse wat sedert die vorige verslag gedoen is, is 64% in die private sektor gedoen. Tot op hede is meer as 4,9 miljoen reeds vir die virus getoets.

Gauteng (31,4%), KwaZulu-Natal (16,9%) en die Wes-Kaap (16,2%) het steeds die meeste gevalle.

Die meeste aktiewe gevalle is tans in die Vrystaat (10 942).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Herstelkoers = herstel/(herstel +sterf) =671,579/(671,579+19,677) = 97.15%
Sterftekoers = sterftes/(herstel+sterftes) =2.85%
Hersteldes+sterftes = 100%
Syfervaardigheid is skynbaar nie verpligtend vir dokters nie.

Jacobus

Sekere tipe data leen dit tot goeie statistiek. Hierdie is beslis nie. Die verdraaiing van syfers laat die spul toe om drog afleiding te maak ( en het sodoende die ekonomie totaal te vernietig) Twee dinge móét ons kwel. Eerstens dat dit deel van ‘n plan is! Tweedens, dat ons intelligensie so onderskat word dat dit ‘n grap is – behalwe vir dié wat hulle werk kwyt is en ou buffel se eie mense met wie hy met oorgawe geploeg het. Gelukkig is daar darem wit mense wat hy kan blameer.