Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 92.5%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 19 018 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 22.8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 112 469 te staan.

Nog 20 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 90 080 te staan.

Minstens 20 071 560 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (49%), gevolg deur KwaZulu-Natal (13%). Die Wes-Kaap verteenwoordig 11%, Noordwes 6%, die Oos-Kaap, Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga elk 5% en die Noord-Kaap 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 507 hospitaal-opnames. Daar is tans 5 344 Covid-19-pasiënte in 665 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 878 855 persone (92.5%) het reeds herstel.

Altesaam 27 043 034 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap1040297389
Vrystaat915169916
Gauteng92501038104
KwaZulu-Natal2506531566
Limpopo890129293
Mpumalanga953160678
Noordwes1183161259
Noord-Kaap21494364
Wes-Kaap2067529900
Totaal190183112469

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap152292781653995297389
Vrystaat71091575525255169916
Gauteng19765933206851331038104
KwaZulu-Natal1480550193114830531566
Limpopo41101194565727129293
Mpumalanga20181522036457160678
Noordwes43541491077798161259
Noord-Kaap242890574136294364
Wes-Kaap2026249666112977529900
Totaal9008028788551435343112469

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jeepie ·

Tragies om te sien dat meer as 90 000 mense al gesterf het van die virus. Dit moet stop. Of jy inentings ondersteun of nie, wees seblief tog net veilig en beskerm jouself en die mense om jou.

Papsak ·

Pas jou self op dra jou masker was jou hande bly weg tussen mense en bly in jou huis ek doen net dit

Jeepie ·

Ja. Stem saam. Navorsing het bewys dit help baie. Die belangrikste is om vrede te maak dat die virus bestaan en nog lank gaan bestaan. Dit gaan oor tyd moelik wees weg te bly van ander mense. Sien oor die wereld en hier wat die ekonomiese impak is. Hoop die nuwe variante wat gaan kom na die een minder skadelik is as die Delta. En daar gaan nog baie variante wees.

bobmartin ·

Ek stem saam. Ek moes besluit of ek wil gaan uitkom om te visvang of vir my moeder wat swak is te gaan hallo se of by die huis te bly. Ek bly ongelukkig maar by die huis. Die versoeking was groot maar nou ja. Almal moet maar probeer om hul kant te bring. Hoe klein en onselfsugtig okal dit mag wees.

Erik ·

Papsak, ek het die inenting ontvang so gaan redelik aan soos normaal.

piet ·

Ja nee wat. Ek stap elke dag (ek het my masker om my ore maar nie oor my mond of neus nie, sit dit natuurlik op wanneer in ‘n winkel/besigheidsplek gaan en so aan), Ek gaan normaal aan, meng en gesels met baie mense elke dag. Reeds my 2 shots gehad. Ek sou se dat meeste mense wat casual buite rondstap dra nie hul maskers oor die neus en mond nie. Kry bietjie sonlig, UV maak die virus amper onmiddellik dood, onwaarskynlik dat jy sommer gaan aansteek in wye oop ruimtes.

Jeepie ·

Ek hoop tog die antwoord word nie weer gerapporteer nie. Papsak, wat jy doen is bewys deur navorsing om te werk. Mens kan nie vir altyd weg bly van mense nie. Die impak op die ekonomie is te hoog. Die eerste stap is om te erken dat daar wel ‘n virus is en dat daar nog baie variate gaan wees. Hoop die nuwe variante is nie so skadelik soos delta nie.

bobmartin ·

Wees nogsteeds versigtig. Dra jou masker. Was die hande. Probeer gesond leef. Bly op julle kniee. Wat okal jou geloof is.

RB ·

Elke persoon moet self verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie gesondheid en ander se keuses/maatreëls respekteer.

Daar is geen manier hoe ons familie soos kluisenaars gaan lewe.
Ons gaan kuier graag vir die oues in aftree-oorde, vat ietsie soet saam. Kies om beurte te maak dat almal nie op 1 dag gaan kuier nie.
Hulle sê self dis die beste deel van hul naweek!!

Ons nooi hulle wanneer daar n verjaardag is en by die groter huise en tuine gekuier word, dan daag hulle op asof dit die uitnodiging van die jaar is.

Afsondering kan vereensaming beteken vir baie en dìt is baie beslis nie gesond nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.