Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 96,2%

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 6 527 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 21,5% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 791 925 te staan.

Nog 3 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 1 sterfte die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 100 363 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 24 475 485 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (43%), gevolg deur KwaZulu-Natal (25%). Die Wes-Kaap verteenwoordig 14%, die Oos-Kaap 5%, die Vrystaat 4%, Mpumalanga 3%, Noordwes en die Noord-Kaap elk 2% en Limpopo 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 54 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 201 Covid-19-pasiënte in 668 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 648 831 persone (96,2%) het reeds herstel.

Altesaam 34 877 539 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap340348396
Vrystaat263204648
Gauteng27891243789
KwaZulu-Natal1724677234
Limpopo67156599
Mpumalanga170194981
Noordwes137194522
Noord-Kaap114109643
Wes-Kaap923662113
Totaal65273791925

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap166193302331544348396
Vrystaat76861945122450204648
Gauteng206951209054140401243789
KwaZulu-Natal1607864966912487677234
Limpopo4617151637345156599
Mpumalanga4705189379897194981
Noordwes47941886141114194522
Noord-Kaap3220105621802109643
Wes-Kaap219496311129052662113
Totaal1003633648831427313791925

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Sarie

En Vrydag kom nader