Altesame 1 692 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 720 645 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 6,1%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (43%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (21%) en die Wes-Kaap (20%). Die algehele aktiewe gevalle is 12 531.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 042 nadat nog 10 sterftes aangemeld is, waarvan een sterfgeval in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 608 072 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 97%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 866 743 toetse vir Covid-19 gedoen, 27 832 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 42 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 1 920 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 33,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 70 | 689 |
Vrystaat | 67 | 1 209 |
Gauteng | 727 | 5 317 |
KwaZulu-Natal | 361 | 3 357 |
Limpopo | 41 | 149 |
Mpumalanga | 44 | 352 |
Noordwes | 37 | 631 |
Noord-Kaap | 15 | 485 |
Wes-Kaap | 330 | 342 |
Totaal | 1 692 | 12 531 |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 588 | 327 944 |
Vrystaat | 7 654 | 193 578 |
Gauteng | 20 659 | 1 183 980 |
KwaZulu-Natal | 16 046 | 641 383 |
Limpopo | 4 586 | 151 126 |
Mpumalanga | 4 705 | 188 223 |
Noordwes | 4 721 | 187 706 |
Noord-Kaap | 3 218 | 105 226 |
Wes-Kaap | 21 865 | 628 906 |
Totaal | 100 042 | 3 608 072 |