Covid-19-statistieke: Herstelkoers op byna 89%

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Altesaam 642 431 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen. Dít dui op ʼn toename van 1 990 nuwe gevalle in die laaste siklus van 24 uur.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 82 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (27), die Oos-Kaap (5), KwaZulu-Natal (10), die Wes-Kaap (22), Noordwes (10) en die Vrystaat (8) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 15 168 te staan.

Daar is tans 57 328 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika waarvan die meeste in Gauteng (20 894) gevolg deur die Vrystaat (12 521) en KwaZulu-Natal (9 579).

Volgens Mkhize het 569 935 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 88,7%.

Nog 21 736 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 842 898 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 01282 842
Vrystaat80627 129
Gauteng3 860188 987
KwaZulu-Natal2 356103 437
Limpopo25712 989
Mpumalanga41623 917
Noordwes29521 673
Noord-Kaap1509 075
Wes-Kaap4 01699 886
Totaal15 168569 935

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Die meeste toetse is jn die private sektor uitgevoer… En die herstelkoers ook daar? Wat gaan M doen met die baie mediese apparaat en produkte en veldhospitale wat so geld opgeslurp het èn die oop grafte wat teen groot geld voortydig gegrawe is? Gaan WHO ons vergoed vir die katastrofiese 1%-beramingsfout wat lande in armoede gedompel het?

wim ·

Ja dit wat hule herstelkoers noem sal geld vir private toetse ook.

Die herstelkoers is nie 89% nie. Die meeste van die oorblywende 11% gaan ook herstel. Die herstelkoers in Suid-Afrika vir gevalle met uitkomste is 98%. Dit is as as ons amptelike syfers gebruik. As alle beraamde gevalle (ons weet dat ons net ‘n minderheid rapporteer) ingesluit word, is dit hoër.

Die WGO sê nogsteeds 3.4%, wat wat my betref ‘n misdaad teen die mensdom is. Die WGO het ook die kans verspeel om die data te lees en die gevolgtrekking te maak dat die kans vir iemand om 2 keer in ‘ paar maande die siekte op te tel en aansteeklik te wees omtrent nul is. Dink net wat so klein stukkie wetenskaplike observasie gebaseerde inligting sou kon doen om mense met hul lewensonderhoud by te staan?

Nette ·

Ek stem glad nie saam met die statistieke nie! My seun moes verlede week gegaan het vir ‘n stent, maar moes natuurlik eers getoets word vir Covid. Ek weet dit is onmoontlik vir hom om die virus te he aangesien hy nie die jaar skool toe gaan nie en hy bly by die huis. ons het hom laat toets by L en hy wys positief, toe laat toets ons hom by A en hy wys negatief. So hoeveel positiewe mense loop tussen ons wat eintlik negatief is, en hoeveel negatiewe mense is daar wat eintlik positief is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.