Covid-19-statistieke: Herstelkoers steeds op 87%

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika se Covid-19-gevalle het Woensdagaand op altesaam 630 595 gestaan en nog 2 336 nuwe gevalle is bevestig, het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gesê.

Gauteng (33,5%), KwaZulu-Natal (18,0%), die Wes-Kaap (16,9%) en die Oos-Kaap (13,7%) het in hierdie stadium die meeste gevalle.

Altesaam 21 313 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Nog 126 bykomende Covid-19-sterftes is ook bevestig. In Gauteng is 49 nuwe sterftes aangemeld, in KwaZulu-Natal 12, in die Oos-Kaap 29, in die Vrystaat is 15 sterftes aangemeld, in die Wes-Kaap 16 en vyf bykomende sterftes is in die Noord-Kaap bevestig.

Dit bring die sterftesyfer of 14 389 te staan.

Volgens Mkhize het 553 456 mense reeds van die virus herstel en die herstelkoers staan steeds op 87%.

Meer as 3,7 miljoen mense is reeds vir die virus getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trotse Boervrou ·

SA laat my, figuurlik gesproke, aan die Beirut ontploffing dink. Die korrupsie, die tydbom, die ontploffing, die lewensverlies, die verwoesting, die chaos…. Beste wat die Regering kan doen is om ook te bedank soos daardie Regering. Daar is genoeg bewyse dat die Regering nie in beheer is nie. Die Inperking grens lankal aan belaglik. Stop die Inperking dadelik en maak die hele ekonomie weer oop. Die INWONERS van die land het werk om te doen, die Regering se werk. Ons het hierdie Regering waaragtig nie meer nodig nie.

Neestemmer ·

Die korrupte ANC spannetjie kan nou maar ophou Covid speel, die jaarlikse griepseisoen is verby, 600 000 gevalle beteken die SA populasie was almal klaar blootgestel en die 11700 ou en siek wat elke jaar van griep sterf het ook gebeur.

Panda het hierdie uitkoms in April reeds perfek voorspel. Mense haal julle maskertjies af en probeer julle lewens red deur eerstens van die ANC ontslae te raak!

annie ·

… maar die geldjies moet bly inrol… onthou dis waaroor alles hier gaan… geld. Die WHO draai SA om sy pinkie want antie Z en die WHO-baas ken mekaar sedert destyds en die whooo-who-who speel met die wèreld afhangende wie hom befonds. En hier glimlag die gruwelikes want die land word ‘n stinkende hool: When a plan comes together.

Jaco ·

Wanneer gaan kerke weer met meer as net 50 mense kan dienste hou? Ek kan verstaan dat inperking die sterk sekondêre doel het om wit besighede te laat swaarkry, toemaak en bankrot speel, want ramaphosa het self gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. MAAR hoe bedreig kerke, selfs wit kerke, die ekonomie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.