Covid-19-statistieke: Herstelkoers styg tot 90,8%

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19-gevalle het teen Vrydagaand tot 90,8% toegeneem.

Altesaam 3 749 nuwe gevalle is bevestig, wat die getal positiewe toetse in die land op 1 470 516 te staan bring. Tot dusver het 1 335 618 mense reeds van die virus herstel.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ook 297 nuwe Covid-19-verwante sterftes bevestig. Hiervan was 49 in die Oos-Kaap, 40 in die Vrystaat, 52 in Gauteng, 35 in KwaZulu-Natal, 68 in Limpopo, 16 in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap en 35 in die Wes-Kaap.

Altesaam 45 902 mense in Suid-Afrika het tot dusver weens Covid-19 gesterf.

Daar is in hierdie stadium 88 996 aktiewe gevalle van die virus. Die meeste is in KwaZulu-Natal (39 627), gevolg deur die Wes-Kaap (11 938).

Só lyk die ander provinsies se aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           2 710

Vrystaat:             8 567

Gauteng:             8 368

Limpopo:            2 662

Mpumalanga:    3 423

Noordwes:         8 141

Noord-Kaap:      3 560

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Nikswerd “statistiek”. Uit hoeveel wat getoets is, is hierdie getalle….dis n geval van “as jy wil hê daar moet meer positief wees…toets net meer mense”.

Jaco ·

90,8% herstelkoers, maar kerke bly toe. 50 mense toelaatbaar per geleentheid is ‘n bittere klein toegewing. Nou wonder ek maar net: wat as alle kerke van alle rasse dieselfde as die taxis doen: sê eenvoudig net “ons maak nou soos ons wil”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.