Suid-Afrika het nou meer as 1 476 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 435 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 476 135 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 46 290 nadat nog 110 sterftes aangemeld is: agt in die Oos-Kaap, 20 in die Vrystaat, 23 in Gauteng, tien in KwaZulu-Natal, 20 in Mpumalanga, een in die Noord-Kaap en 28 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 360 204 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92%.
Suid-Afrika het tot dusver 8 495 811 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 055 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 192 794 | 13,1% |
Vrystaat | 77 611 | 5,3% |
Gauteng | 394 240 | 26,7% |
KwaZulu-Natal | 321 043 | 21,7% |
Limpopo | 59 662 | 4% |
Mpumalanga | 67 324 | 4,6% |
Noordwes | 58 430 | 4% |
Noord-Kaap | 32 628 | 2,2% |
Wes-Kaap | 272 403 | 18,5% |
Totaal | 1 476 135 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 10 948 | 178 949 | 2 897 |
Vrystaat | 2 866 | 66 534 | 8 211 |
Gauteng | 8 615 | 378 398 | 7 227 |
KwaZulu-Natal | 9 079 | 287 910 | 24 054 |
Limpopo | 1 493 | 55 893 | 2 276 |
Mpumalanga | 1 073 | 63 567 | 2 684 |
Noordwes | 1 008 | 50 074 | 7 348 |
Noord-Kaap | 600 | 28 387 | 3 641 |
Wes-Kaap | 10 608 | 250 492 | 11 303 |
Totaal | 46290 | 1 360 204 | 69 641 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Dit klink amper asof sommige mense steeds glo dat die virus ‘n foefie is !? Weet maar net dat top medici en viroloë besef dat hierdie ding kan weghardloop indien dit toegelaat word ___ 1 ste wêreld lande se gesondheidstrukture kon dit nie eers hanteer nie ; dink jy dat die ANC-vernietigde strukture dit sal kan doen ?
Gauteng Stats? In my opinie nog steeds inkorrek. Gevalle vs sterftes.
Dankie Ivermectin
Wanneer gaan die kerke dan oop? Of sal selfs ‘n 100% herstelkoers steeds beteken ons is nou permanent in die “nuwe normaal”? So maskers, handreiniger, geen toeskouersport, geen musiekfeeste, geen dansplekke, 99% toe kerke, amper geen toerisme is goed wat alles gekom het om te bly. Om te bly vir die volgende 10, 20 selfs 40 jaar. Tragies. Dan betree ons maar ‘n baie vervelige lewe.