Covid-19-statistieke: Herstelkoers styg verder

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika se Covid-19-herstelkoers het selfs verder gestyg en staan nou op 83%.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê in sy jongste bywerking van die land se Covid-19-syfers altesaam 607 045 gevalle van die virussiekte is bevestig. Dit is 3 707 nuwe gevalle.

Tot dusver het 504 127 mense reeds van die siekte herstel.

ʼn Verdere 144 Covid-19-sterftes is intussen ook aangemeld. Gesamentlike sterftes vir Covid-19 in Suid-Afrika staan op 12 987.

Die meeste nuwe sterftes was in Mpumalanga (46), gevolg deur Gauteng (37), KwaZulu-Natal (31), die Oos-Kaap (25) en die Wes-Kaap (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strandloper ·

Die bug gaan nog lank met ons wees. “HOCL” is my saving grace tot nou. Doen navorsing! Ek verkies om ou bene te maak en nie net deel van n statestiek te word nie.

Albert Willem ·

Mense wat glo dat die herstelsyfer so hoog is, moet mooi dink. Ons Provinsiale hospitale is van die swakste ter wereld, maar ons het die meeste en grootse herstel dit klop glad nie. Die is net om die regering se nuwe mediese gesondheid sorg te laat goed lyk. Of wil aan ons opgedis word dat ons die grootste en beste dokters ter wereld het sowel as gesondheidswerkers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.